Mesmoordenaar skuldig bevind
Mesmoordenaar skuldig bevind

Mesmoordenaar skuldig bevind

'n Jong man wat sy meisie vier jaar gelede op Otjiwarongo vermoor het, is Vrydag skuldig bevind.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Met sake van geslagsgeweld wat skynbaar sonder onderbreking in die Windhoek-hoërhof aangehoor word, was die 28-jarige Edmund Jagger Vrydag die jongste persoon wat skuldig bevind is aan moord op ’n persoon met wie hy in ’n romantiese verhouding betrokke was.

Jagger, wat sy voormalige meisie, die 22-jarige Renelda Hoeses, 18 keer met ’n mes gesteek het en daarna probeer het om homself om die lewe te bring, het aan die begin van sy verhoor skuld ontken op die moordklag teen hom.

Regter Alfred Siboleka het egter bevind daar is bo enige redelike twyfel bewys dat Jagger vir Hoeses vermoor het. Gedurende die verhoor het ’n ooggetuie getuig dat hy gesien het hoe Jagger op die oorledene sit en haar herhaaldelik met ’n mes steek. Jagger het van die toneel gevlug, met sy kind in sy arms.

In sy uitspraak het regter Siboleka genoem die aanval op Hoeses het plaasgevind omdat sy geweier het om die kind wat uit die verhouding gebore is, aan Jagger te gee. Sy het die baba nog geborsvoed. Jagger het homself later in sy kamer opgehang, waar ’n polisiereservis op hom afgekom en hom gered het.

Jagger is op 2 Maart 2013 in hegtenis geneem kort nadat Hoeses in ’n plas bloed in die agterplaas van haar vader se huis in die Orwetoveni-woonbuurt op Otjiwarongo gevind is.

Die polisie het ’n bloedbevlekte sakmes in Jagger se kamer gevind en daar was ook bloed aan die kortbroek wat hy aangehad het, sowel as aan sy bene en regterhand. Op die tafel waar die bebloede mes gevind is, het die polisie ook ’n leerlingbestuurder-handleiding met notas gevind. Dit was ’n liefdesgedig deur Jagger. Mnr. Joshua Kaumbi, Jagger se regsverteenwoordiger, het die hof meegedeel dat Jagger die gedig vir sy seun geskryf het.

Adjunk-aanklaer-generaal Karin Esterhuizen het namens die staat opgetree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!