Meroro en Lerena ontmoet voor skouspel
Vir beide die Namibiër en die Suid-Afrikaner is Saterdagaand baie op die spel.
Tielman van Lill - Vikapita (Beast Master) Meroro en die ander boksers betrokke by komende naweek se Golden Gloves-skouspel is gister in Johannesburg aan die Suid-Afrikaanse media bekend gestel.
Die Namibiër het die vorige dag vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek om Saterdagaand by Emperors Palace teen die gedugte jong Kevin Lerena te gaan boks.
Die 31-jarige Meroro uit die stal van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie wat 1.87 meter in sy sokkies staan, gaan teen die 24-jarige Suid-Afrikaner Kevin (The KO Kid) Lerena te staan kom.
Lerena (1.85 m) wat op 30 November 2011 sy professionele debuut teen Justice Silinga by dieselfde venue gemaak het, het onlangs die Afrika Super Ses junior swaargewigkroon ingepalm.
Komende naweek is geen titel op die spel in die hoofgeveg oor 12 rondes nie, maar vir beide boksers is baie op die spel. Meroro wil sy loopbaan opnuut op koers kry, nadat hy in sy laaste geveg in Mei 2015 met ’n uitklophou in die agtste ronde teen Dmitry Kudryashov van Rusland in Moskou die knie moes buig. Hy was sedertdien nog nie weer aktief in die kryt nie.
Meroro het 33 gevegte agter die blad waarvan 28 as oorwinnings en vyf as verloorgevegte tel. Hy is nog net die enkele keer uitgeslaan en beskik self oor 14 uitklophoue (42 persent).
Die linkshandige Lerena moes ook een keer, op 15 November 2014, teen Johnny Muller voel hoe dit is om aan die verloorkant te wees toe sy landgenoot met ’n eenparige beslissing oor 12 rondes gewen het.
Lerena, met 16 oorwinnings (agt uitklophoue) en een verloor, het egter in Maart verlede jaar hierdie nederlaag gewreek toe hy Muller in die herontmoeting met ’n tegniese uitklophou oorheers het.
Lerena se laaste geveg was verlede jaar op 22 Oktober teen Micki Nielsen.
Nestor Tobias, voorsitter van die MTC Nestor Sunshine Boksakademie, het aan Nampa gesê die geveg is een van die belangrikstes vir sy bokser.
“Meroro sal sy heel beste moet lewer om Lerena te klop. Indien hy wen, sal dit sy loopbaan beslis weer op dreef kry. Boks is nie soos sokker waar jy ’n paar wedstryde verloor en steeds die liga wen nie,” het Tobias filosofies gesê.
Meroro verwag ’n taai geveg, want Lerena is gemotiveerd, goed gekondisioneer en goed op dreef. Hy bly egter lugtig vir die ondervinding wat die Namibiër bring.
Meroro het voor sy vertrek gesê: “Wat my pas, is die feit dat ek die kryt as die buiteperd betree en dit pas my soos ’n handskoen. Dit haal baie druk van my af en ek wil hom verras en die geveg van hom wegneem wanneer hy dit nie verwag nie.”
Die geveg word Saterdagaand regstreeks op SupertSport vertoon. Hekkie Budler (The Hexecutioner) en Ryno Liebenberg (The Lion) is van die ander bekende Suid-Afrikaners wat in voorgevegte teen buitelandse opposisie te staan kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie