Merkel kies moontlike opvolger vir top pos in party
Duitsland
Die gewilde vroulike premier van die klein Saarland-deelstaat sal waarskynlik die leisels as sekretaris-generaal van kanselier Angela Merkel van Duitsland se konserwatiewe party oorneem. Dít het baie laat bespiegel dat Merkel haar moontlike opvolger gekies het.
Merkel sou gister na verwagting haar vertroueling, Annegret Kramp-Karrenbauer (55) gekies het om Peter Tauber op te volg, wat die naweek aangekondig het hy lê die tuig weens gesondheidsredes neer.
Kramp-Karrenbauer is as 'n opkomende ster gesien sedert haar herverkiesing verlede jaar.
Sy het ook 'n sleutelrol in Merkel se ongenaakbare koalisie-onderhandelinge met die sentrale linkse
sosiaal-demokrate gespeel.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie