Mercury City op pad na Brasilië

Om op te gee was nog nooit deel van dié span se plan nie.
Michelline Nawatises
Evany van Wyk

Mercury City, van Walvisbaai, is op 27 April in Windhoek as die Neymar Juniors Five-sokkertoernooiwenners aangekondig, met Dream Team in die tweede plek en Khuse Lions in die derde plek.

Mercury City is ’n maand gelede eers op die been gebring en bestaan uit ’n groep goeie vriende.

Die spanlede is Luciano “Luci” Fischer (23), Mariano “Marci” January (21), Colan Coleman (16), Innocent Emvula (23), Jasetes Shimpanda (24), Petrus Nangham (27) en McAllen Christ (29).

“Die toernooi het ons geleer om nooit fokus te verloor nie, om nie vir ’n sekonde te dink jy is beter as ander nie, en om nooit jou opponente te onderskat nie,” het Nangham gesê.

Volgens hom het hulle meer verantwoordelikheid vir hul aksies geneem, want dit het ’n regstreekse invloed op almal in die span.

“Die grootste les wat ons geleer het, was dat niks in die lewe maklik kom nie; jy moet werk vir alles wat jy wil bereik,” het Nangham gesê.

Richard Parkhouse, nasionale musketier by Red Bull, die toernooi se hoofborg, sê hy voel die toernooi verenig gemeenskappe.

“Die toernooi help om Namibiese talent op die wêreldkaart te plaas en gee die jeug die geleentheid om op internasionale vlak mee te ding,” het hy gesê.

Presiese syfers kan nie bekend gemaak word nie, maar volgens Parkhouse was dit die grootste Red Bull-geleentheid nog in Namibië.

Die gedugte span vriende het ook ’n paar uitdagings ervaar, soos onder meer die reis na Windhoek.

Weens werksverpligtinge kon Mercury City nie Vrydagoggend vroeg reeds vertrek nie en moes hulle noodgewonge deur die nag ry.

Hulle het omstreeks 03:00 die Saterdag in Windhoek aangekom. Toe die span eindelik by hul slaapplek aankom, was dit vol bespreek.

Die span kon eers omstreeks 04:00 slaapplek kry en het derhalwe net drie ure geslaap.

“Ons het besluit dit gaan ons nie onderkry nie, want ons het gekom vir ’n rede en dit was om na Brasilië te gaan,” het Nangham gesê.

Die spanlede se raad aan jongmense is om nooit te dink die geleentheid is te groot nie.

“Ons het teen Namibië se beste spelers gespeel en dit was nie maklik nie,” het Colan Coleman, Mercury City se jongste spanlid, oor hul mededingers gesê.

“Dankie aan die borge wat my droom en soveel ander se drome ook waar gemaak het; ons gaan ons alles in Brasilë gee en Namibië se vlag hoog hou,” het Coleman gesê.

Mercury City voel hierdie soort geleentheid is belangrik omdat dit soveel deure vir jongmense oopmaak.

Die span het ná die groot wen hul oorwinning by een van hul ondersteuners se huise in Windhoek gevier, maar die werklike vieringe het op 6 Mei plaasgevind.

“Ons het hard gewerk hiervoor, so ons het beslis ’n lekker dag op die strand verdien,” het Nangham gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.91 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31%