Menslike oorskot by berg gevind
Jessica Botes – Die bestuurder van Omega-sekuriteit het Sondag beendere van vermoedelik menslike afkoms in die omgewing van die Rössing-berg buite Swakopmund ontdek.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, speurinsp. Daniel Gurirab, is dié ontdekking omstreeks 15:30 sowat 30 km van Swakopmund af in die rigting van Arandis gemaak.
Lede van die Arandis-polisiekantoor, sowel as die spesiale misdaadeenheid, is na die toneel gestuur.
Met hul aankoms was die beendere oor ‘n groot gebied versprei. Die skedel en beendere is vermoedelik ná die onlangse reëns in die gebied deur ‘n rivier na die oppervlak gebring.
Volgens Gurirab is ‘n ou begraafplaas by die boonste deel van die rivier geleë en is dít moontlik die oorsprong van die beendere.
“Dit is nie die eerste keer dat menslike oorskot in die gebied ontdek is nie. Die oorskot is na die lykshuis op Walvisbaai geneem,” het Gurirab gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie