Mensehandel oorskadu uitbuiting van werkers

Moderne slawerny behels 'n kombinasie van sielkundige misbruik, dreigemente, manipulasie, intimidasie en soms fisieke mishandeling.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



Wêreldwyd groei die bewustheid van mensehandel.

Regerings, aktiviste en diensverskaffers veg vir die voorkoming, beskerming van en diensverskaffing aan slagoffers, maar steeds oorskadu hierdie bewustheid die meer diepgewortelde uitbuiting van werkers.

“Mense weet wat mense­handel is, maar het geen idee wat die uitbuiting van werkers behels nie,” het 'n senior prokureur van die Koalisie om Slawerny en Handel af te skaf (CAST) in Los Angeles, Amerika, onlangs aan joernaliste gesê.

Diensverskaffers wat met slagoffers van mense­handel te doen kry, het gesê die fokus op mense- en sekshandel ondermyn die stryd teen arbeidsmisbruike en uitbuiting. Dit vereis dat werknemers se regte, immigrasiewette en ander kwessies aangespreek word.

Navorsing het getoon dwangarbeid, wat kinders insluit, is algemeen in Namibië.



Hoe lyk dit?

Me. Kate Langston, 'n spesiale agent van die kantoor van die Verenigde State se diplomatieke sekuriteitsdiens in Houston, Texas, het gewaarsku mites bestaan oor hoe hierdie soort handel lyk.

Dit word deur die media ondersteun wat ­gehawende vroulike slagoffers in kettings ­uitbeeld en staan in die pad daarvan om slag­offers uit te ken en te red.

“Ons kan mense opvoed en bewus maak, maar daar is steeds 'n wanopvatting oor wat mensehandel is. As jy na al die plakkate kyk, sien jy boeie en aangerande vroue.

“Ja, sommige word wel aangerand, maar moderne slawerny gaan oor 'n herbruikbare artikel. Mens sien dus nie altyd 'n slagoffer in boeie nie, want hoe kan hulle byvoorbeeld kinders oppas as hulle vasgeboei is?” het Langston gesê.

Sy het verduidelik smokkelaars verseker dat hul slagoffers in 'n mate versorg word sodat hulle hul pligte kan nakom en nie maklik geïdentifiseer kan word nie.

Moderne slawerny behels 'n kombinasie van sielkundige misbruik, dreigemente, manipulasie, intimidasie en soms fisieke mishandeling.



Groot getalle

Na raming betrek mensehandel wêreldwyd minstens 25 miljoen mense, kinders ingesluit.

Hiervan was 'n beraamde 16 miljoen mense in 2016 onderworpe aan dwangarbeid in die private ekonomiese sektor, en 'n beraamde 51% is weens persoonlike skuld tot arbeid gedwing.

'n Geskatte 4,1 miljoen mense was in 2016 onderworpe aan staatopgelegde dwangarbeid.

In vergelyking hiermee was 'n geraamde 3,8 miljoen volwassenes en 1 miljoen kinders in 2016 die slagoffers van seksuele uitbuiting.

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) genereer dwangarbeid minstens US$50 miljard se onwettige winste per jaar.

Volgens die ILO se verslag, getiteld Wins en Armoede: Die Ekonomie van Dwangarbeid, was twee derdes van die beraamde US$150 miljard (US$99 miljard), vanweë kommersiële seksuele uitbuiting, terwyl nog US$51 miljard vanweë ekonomiese uitbuiting was.

Volgens ILO-beramings word ongeveer US$34 miljard gegenereer deur dwangarbeid in die konstruksie-, vervaardigings-, mynbou- en nywerheidsbedrywe.

'n Verdere US$9 miljard word deur die landboubedryf gegenereer, wat die bosbou- en visbedryf insluit.

Daar word beraam dat privaat huishoudings jaarliks 'n geskatte US$8 miljard spaar deur gedwonge huishoudelike werk deur huishoudelike werkers glad nie te betaal nie of dies wat in dwangarbeid werksaam te min te betaal.



Waar kom dit voor?

Wêreldwyd word slag­offers van handel en uitbuiting in die ­boubedryf, restaurante, die landboubedryf, visserye, die kommersiële seks­bedryf, ontkleeklubs, huishoudings, deur-tot-deurverkope, karnavalle, masseersalonne, die vervaardigingsbedryf en baie ander bedrywe gevind.

Kampvegters en diensverskaffers sê hulle het al slagoffers van uitbuiting in verpleeginrigtings teë­gekom, of op straat waar mense gedwing word om onwettige produkte te verkoop. Die uitbuiting van werkers bestaan selfs in sport en op baie ander gebiede waarvan die publiek nie bewus is nie.

Die Verenigde State se diplomatieke sekuriteitsdiens het in Desember 2016 'n man van Texas in hegtenis geneem wie se maatskappy werkers van Mexiko af na die Verenigde State gebring het met wettige werksvisums.

Hy het hulle gedwing om jare lank in haglike toestande te werk voor hy in hegtenis geneem is.

Slagoffers het aan die polisie gesê hulle is met deportasie en nie-betaling gedreig as hulle nie stilbly nie.

Daar word beraam die man het die werkers meer as US$3 miljoen in agter­stallige lone ten tyde van sy inhegtenisname geskuld.

Gevalle waar diplomate hul huishoudelike personeel misbruik, wat by hul werkgewers in nuwe lande aansluit, neem wêreldwyd toe, sê kenners.



Wêreldwye ­probleem

In September 2017 het die Freedom Network USA met kommer op die jongste verslag oor mense­handel in die Verenigde State gereageer.

Freedom Network USA is 'n koalisie van 51 ­nieregeringsorganisasies wat dienste lewer aan mense wat mensehandel in die Verenigde State oorleef het.

“Daar is steeds geen georganiseerde poging om die uitbuiting van werkers te identifiseer en aan te spreek nie. Regeringsagentskappe beskik steeds nie oor genoeg kennis of die vermoë om sinvol te kan uitreik nie, of om opleiding en ondersoek moontlik te maak nie.”

Verder bekommer dit kampvegters dat net 'n fraksie van die mensehandelsake in die Verenigde State se federale strafregstelsel die uitbuiting van werkers behels, in vergelyking met sekshandelsake wat die meerderheid behels.

Dít ondanks die feit dat regsdiensverskaffers wat mensehandelkwessies hanteer, voortdurend laat blyk die meeste van hul sake behels die uitbuiting van werkers.

Dié probleem is egter nie eie aan die Verenigde State nie, sê kenners.



internasionale en Nasionale stappe

Verlede jaar het Namibië die 21ste land geword om die instrument van die 2014-Protokol van die Dwangarbeidkonvensie van 1930 te onderteken en homself onderhewig te maak aan die bepalings van die dokument.

Die protokol, wat in 2014 by die Internasionale Arbeidsorganisasie se konferensie deur die meerderheid aanvaar is, versterk die internasionale wetsraamwerk vir die bestryding van alle vorme van dwangarbeid en versoek state om maatreëls te skep om dwangarbeid te voorkom, slagoffers te beskerm en om toegang tot vergoeding te verseker.

Die ILO het verklaar dat die beëindiging van hedendaagse ­slawerny reaksie op verskeie vlakke sal verg, maar 'n belangrike stap is om sterker maatskaplike beskerming te implementeer en af te dwing sodat die faktore wat mense vir moderne slawerny kwesbaar maak, uitgewis kan word.

Dit sluit in sterker arbeidsregte in die informele ekonomie waar moderne slawerny floreer.

Verder moet regerings op die versameling van data oor alle vorme van mensehandel fokus sodat beleide opgestel kan word om mensehandel te bekamp.

Verlede jaar se mense­handelverslag het Namibië bestempel as 'n bron van en bestemming vir dwangarbeid en sekshandel in kinders, en in 'n mindere mate vroue.

Sommige slagoffers van dwangarbeid in Namibië word gelok deur aanbiedinge van wettige werk teen goeie lone, maar word dan aan dwang­arbeid in stedelike gebiede en op kommersiële plase onderwerp.

Kritici het opgemerk Namibië beskik nie oor genoeg data en betroubare inligting oor die omstandighede rondom mensehandel nie, en die regering se reaksie op die saak is soms nie voldoende nie.

Namibië se diepgewortelde maatskaplike probleme, insluitend armoede, werkloosheid, behuising, ongelykheid tussen geslagte, diskriminasie teen minderhede en ander kwessies, maak uitbuiting moontlik, het kenners gesê.

*Jana-Mari Smith van Namibian Sun het die ­Verenigde State op uit­nodiging van die Amerikaanse Departement van die Staat se Buitelandse Mediasentrum besoek.

Sy het saam met 19 ander verslaggewers van ­dwarsoor die wêreld deel­geneem aan 'n internasionale program om bewustheid van mensehandel te skep.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03%