Mensehandel: Nu00f3g kan sit
Mensehandel: Nu00f3g kan sit

Mensehandel: Nóg kan sit

'n Werknemer van Air Namibia en 'n Angolees verskyn vandag in die hof.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Twee verdagtes, onder wie 'n werknemer van Air Namibia op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, gaan vandag in verband met mensehandel in die landdroshof in Katutura verskyn, en nóg inhegtenisnemings word verwag.

Dié bevestiging het gister van mnr. Paul Nakawa, hoof van korpora­tiewe kommunikasie van Air Namibia, gekom. Dit ná 'n werknemer van Air Namibia Maandag saam met 'n Angolese burger in verband met ­mensehandel in hegtenis geneem is.

Die werknemer van Air Namibia, wat 'n beampte by die vertrektoonbank op die lughawe is, en die ­Angolese burger, wat vermoedelik sedert 2016 onwettig in Namibië woonagtig is, is steeds in polisie­aanhouding.

“Daar word vermoed hulle het gereël dat 11 Angolese burgers, vroue en kinders ingesluit, met Air Namibia se vlug SW285 op Maandag 12 Junie van Windhoek af na Frankfurt gevlieg het. Al die passasiers is met hul aankoms in Frankfurt deur die Duitse grenspolisie aangehou,” het Nakawa gesê.

Hy sê nadat Air Namibia inligting van die Duitse polisie via hul kantoor in Frankfurt ontvang het, is 'n volledige ondersoek met behulp van die Namibiese polisie gedoen wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

“Verdere inhegtenisnemings word verwag,” het Nakawa gesê.

Hy prys die polisie vir hul spoedige optrede en samewerking.

Nakawa sê die probleem van ontoelaatbare of onwettige passasiers is 'n internasionale probleem wat alle lugrederye raak.

“Die motiewe vir sulke onwettige migrasie wissel van persoonlike tot politieke, ekonomiese en kriminele redes soos mensehandel. Daar is kriminele sindikate wat aan hierdie soort misdaad deelneem en van ons werknemers omkoop.”

Nakawa benadruk dat onwettige passasiers nie altyd met vals paspoorte reis nie: “Soms het hulle wettige paspoorte en visums wat op een of ander manier verkry is.”

Hy sê die posisie van Air Namibia is duidelik: “Die sekuriteit van ons passasiers, vliegtuie en internasionale verpligtinge is vir ons 'n saak van erns. Ons beskik oor prosedures en prosesse om onwettige passasiers te identifiseer.”

Nakawa het bygevoeg dat personeel soms hierdie kennis vir persoonlike gewin gebruik of om 'n misdaad te pleeg “soos dit moontlik in hierdie geval gebeur het”.

Hy sê Air Namibia en die polisie se boodskap is dat daar nie toegelaat sal word dat Namibië en Air Namibia deur kriminele sindikate vir mensehandel of ander misdaad gebruik sal word nie, en “ons sal streng optree teenoor enigiemand wat by misdaad betrokke is”.

Volgens Nakawa was Air Namibia 'n paar maande gelede in die nuus toe 'n groep Zimbabwiërs verbied is om 'n vlug van Windhoek af na Frankfurt te neem met Istanboel as hul finale bestemming.

Air Namibia doen 'n beroep op die publiek om enige bedrog of korrupsie te rapporteer deur 0800 666 666 te skakel of 'n e-pos aan [email protected] te stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!