Mensehandel: Jong meisies uitgebuit
Mensehandel: Jong meisies uitgebuit

Mensehandel: Jong meisies uitgebuit

Beloftes van werk, kos, geld en haarsproei lok slagoffers.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Twee verdagtes wat in afsonderlike sake van mensehandel beskuldig word, het die afgelope Donderdag in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Mnr. Bertus Koch (40) word daarvan beskuldig dat hy vyf meisies herhaaldelik tussen November 2015 en Mei 2016 in die DRC- informele nedersetting by Swakopmund seksueel gemolesteer het.

Volgens die staat het hy vyf minderjarige meisies in November 2015 na sy sinkhuis genooi. Nadat hulle sigarette en tabak vir hom gaan koop het, het hy hulle glo in sy huis toegesluit en gemolesteer.

Koch het hulle glo met die dood gedreig indien hulle vir iemand sou vertel.

Hy het die minderjariges glo tot Mei 2016 herhaaldelik na sy huis gelok waar hy vir hulle kos, geld en haarsproei gegee het voordat hy hulle gemolesteer het.

Koch se saak is vir verdere voorverhoor tot 15 Februarie uitgestel.

In ’n tweede geval word me. Tuufilwa Jonas daarvan beskuldig dat sy ’n skoolkind van die Okahenge-nedersetting in die Omusatistreek met valse beloftes van werk na Okahandja gelok het.

Op grond hiervan het die slagoffer glo haar skool verlaat en na Okahandja getrek.

Volgens die staat het Jonas die meisie gedwing om by ene John Puariune in te trek, wat haar gedwing het om seksuele omgang met hom te hê as terugbetaling vir die taxifooi van N$200 wat hy aan haar bestee het.

Die staat beweer Jonas het die slagoffer ná twee maande by Puariune gaan afhaal en haar na ’n tweede huis geneem.

Die meisie het geweier om daar te bly en is toe aangesê om by ’n derde man te gaan bly, wat sy gedoen het omdat sy geen ander heenkome gehad het nie.

Volgens die klagstaat was die minderjarige meisie nie net ’n slagoffer van mensehandel nie, maar het sy ook deur haar beproewing swanger geraak.

Jonas sal ook op 15 Februarie vir ’n verdere voorverhoor in die hof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!