Mense hou voertuie langer in ’n taai ekonomie – AA

11 October 2019 | Ekonomie
Elvira Wood – Nie net Suid-Afrika se ekonomiese wiele draai tans stadig nie, die swak ekonomie lei ook daartoe dat sy burgers hul wiele langer hou.

Volgens navorsing van die Automobielassosiasie (AA) sê 90% van Suid-Afrikaners wat wel ’n ryding besit, hulle hou hul voertuie nou langer as voorheen.

Net meer as 40% hou ’n voertuig vir tussen vyf en tien jaar.

Die AA wou met die navorsing vasstel of die ekonomie ’n rol speel in voertuigeienaarskap.

“Die bevindings bevestig dat voertuie langer gehou word. Net minder as 35% van respondente sê hulle hou hul voertuie langer as tien jaar. Dit is ’n lang lewensduur vir ’n voertuig,” sê die AA in ’n verklaring.

Mense hou nie net hul voertuie langer omdat hulle nie nuwes kan bekostig nie.

35% van respondente sê hulle kan deesdae hul voertuie langer hou omdat hedendaagse modelle meer betroubaar is.

Maar aangesien mense hul voertuie langer hou, moet instandhouding ’n prioriteit wees, sê die AA.

Dit is daarom kommerwekkend dat net minder as 50% van respondente sê hulle het geen instandhoudingsplan vir hul voertuig nie en betaal alle instandhouding uit hul sak.

Hoewel meer as 60% luidens die AA-peiling verseker is, wys nasionale syfers die syfer is nader aan sowat 35%.

Indien jy wel jou voertuig jare lank wil laat hou, gee David Chard, besturende direkteur van AA Waarborge, die volgende wenke:

· In koue weer, laat jou motor se enjin 5 minute lank luier voordat jy begin ry;

· Moenie oormatig versnel, skerp om draaie ry of hard rem nie;

· Moenie die enjin se toere onnodig opjaag nie;

· Gee onmiddellik aandag aan enige waarskuwingsligte;

· Gaan banddruk gereeld na;

· Kyk elke ses maande na die wielsporing en -balans;

· Vervang diensbare items soos remblokkies en waaierbande volgens die diensskedule;

· Vra dat die onderdele wat gedurende ’n diens vervang moes word aan jou terugbesorg word sodat jy kan sien dat dit wél vervang is; en

· Hou by die diensskedule van jou voertuig. – Netwerk24

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

41 minute gelede | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

3 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...