Mej. Namibiu00eb-baas slaan terug
Mej. Namibiu00eb-baas slaan terug

Mej. Namibië-baas slaan terug

Die mooiste in die land sê sy het gevoel sy word tydens die Mej. Heelal-kompetisie gesaboteer.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die besturende direkteur van Miss Namibia Joint Venture (Pty) Ltd., me. Conny Maritz, het in ’n nuusverklaring gereageer op bewerings en griewe wat die huidige Mej. Namibië, Selma Kamanya, oor haar ervarings tydens haar kroningsjaar gemaak het.

“Die kern van haar klagte is die bewering dat sy nie gebaat het by die gedeelte van die ‘openbare fondse’ wat ingesamel is, waarop sy as wenner van die kroon ‘geregtig’ was nie. Hierdie bewering is onwaar,” lui die verklaring.

Volgens Maritz het slegs drie borge kontantpryse vir 2018 se kompetisiewenner geborg.

“Die Namibian Diamond Trading Company het N$10 000 gegee, en Standard Bank en Emanya@Etosha gesamentlik N$8 000. Die kontant is aan haar oorbetaal en me. Kamanya erken sy het dit ontvang.”

Kamanya sê in haar verklaring sy sou baie beter by die Mej. Heelal-kompetisie in Bangkok gepresteer het as sy meer inligting tot haar beskikking gehad het.

Sy sê sy het geen inligting gehad behalwe dit wat sy op die internet gelees het nie.

“Ek het gevoel ek word gesaboteer,” het Kamanya gesê.

Sy het ook bygevoeg sy is ongelukkig omdat net die wenner die land verteenwoordig, sonder enige span om haar te ondersteun, terwyl ander lande ’n hele span saamstuur.

“Die Miss Namibia-organisasie het ’n skoonheidskompetisieafrigter, mnr. Renee Ferreira, vir ’n week lank vir een-tot-een opleiding Windhoek toe gebring. Kort voor die Mej. Heelal-kompetisie het ons op ons onkostes vir Kamanya vir ’n week Johannesburg toe gestuur om opleiding by dieselfde afrigter te ontvang. Sy het ook opleiding by me. Mary Reynolds ontvang. Ek het self ook talle gesprekke oor die kompetisie met haar gevoer oor onder meer haar houding en gedrag. Ons is nie seker hoeveel meer opleiding sy verwag het nie,” lui die verklaring.

Op Kamanya se bewerings dat sy net “af en toe” ’n verskyningsfooi ontvang het, sê Maritz: “Sy het N$3 000 vir optredes buite die Khomasstreek en N$1 500 vir binne die streek minus ’n 20%- administratiewe fooi ontvang, behalwe in gevalle waar ons anders met haar ooreengekom het (soos verskynings vir borge, liefdadigheidsorganisasies en so meer).

“Ons moet ook byvoeg wanneer sy geleenthede buite Windhoek moes bywoon, is sy soontoe gevlieg of is sy vir haar brandstofonkostes vergoed. Sy het die voertuig gebruik wat vir amptelike en private geleenthede tot haar beskikking gestel is. Dit is slegs brandstofverbruik binne Windhoek waarvoor sy nie vergoed is nie, omdat dit moeilik is om tussen privaat en amptelike gebruik te onderskei.”

Verder lui die verklaring: “Ons vind dit moeilik om haar klag te oorweeg dat sy emosioneel mishandel is of dat haar reputasie beskadig was in gevalle waar sy ‘iets verkeerd gedoen het, soos om ’n afspraak mis te loop’.

“Sy (Kamanya) het nog nooit hieroor teenoor die organisasie gekla nie, en as sy dit gedoen het, sou ondersoek ingestel word en, indien geregverdig, sou daar opgetree word. Ons moet wel beklemtoon dit is ’n uitdruklike voorwaarde van haar kontrak met die organisasie is dat sy stiptelikheid met alle afsprake sal handhaaf.

“Indien sy versuim om daardie voorwaarde te eerbiedig, sal dit die organisasie in die verleentheid bring. Ons kan nie voorgee dit gebeur eenvoudig en verskonings namens die organiseerders en deelnemers gee nie.

“Haar ongelukkigheid daarmee dat sy nie genoeg geld van die organisasie ontvang het om 35 tot 39 uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie te kan koop nie, is nie nuut nie – ’n vorige deelnemer het gedink die organisasie moet N$150 000 vir ’n Suid-Afrikaanse ontwerper betaal.

“Die organisasie voorsien net wat hulle as redelik en noodsaaklik beskou . . . Dit word duidelik gemaak dat as hulle meer as dit benodig moet hulle self geld daarvoor insamel. Dit is baie duidelik in die kontrak wat sy en haar ouers geteken het.

“Die organisasie se slagspreuk is ‘Skoonheid vir liefdadigheidsdoeleindes’ en vir ons begin liefdadigheid in die eerste plek in Namibië. Ons verwag van diegene wat die kroon dra om hoofsaaklik te fokus daarop om hul status, skoonheid, talente en persoonlikheid opbouend aan te wend om die jeug, bejaardes en minderbevoorregtes in die samelewing te betrek in programme van sosiale opheffing, armoedeverligting, voortgesette onderwys en die grondwetlike waardes van demokrasie, maatskaplike geregtigheid en respek vir fundamentele regte.

“Ons het dit vantevore gesê en sal dit weer sê as enigiemand aan die Mej. Namibië-kompetisie deelneem met die verwagting dat dit net glinster en glans inhou . . .

“As sy gewillig is om die seëninge van gesondheid en skoonheid te gebruik om ’n leier onder haar eweknieë te wees en om ’n ware, passievolle en positiewe maatskaplike impak op nasiebou te maak, kan die Miss. Namibia-organisasie net die plek wees om so ’n lewensveranderende geleentheid vir haar te gee.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42%