Meisiesliga vanaand uitgeklaar

12 July 2019 | Sport
Andrew Poolman - Die kampioenspan van die Khomas o.19 eerste hokkie­liga vir meisies word vanaand bepaal wanneer die eerste spanne van St. Paul's-kollege en Windhoek Afrikaanse Privaat­skool om sesuur by laasgenoemde se astro-baan by die Wanderers-terrein in Pionierspark slaags raak.

Voor hierdie laaste uitstaande wedstrydverpligting in die meisiesliga wat op 'n dubbelronde beslis is, staan die puntestand soos volg: PSG Windhoek Hoërskool 12, Windhoek Gimnasium 10, St. Paul 9, Windhoek Affies 2.

Vroeër is verkeerdelik berig dat die WHS-meisies wat vandeesweek in Kaapstad op toer is, reeds die Khomas-liga beklink het. In werklikheid het St. Paul 'n goeie kans om met 'n oorwinning vanaand drie ligapunte by te voeg en dus gelykop met WHS te eindig.

Inderdaad kan St. Paul die sommetjies oor doelverskille tussen hulle en WHS (onderskeidelik +7 en +6) onnodig maak indien hulle vanaand wen en minstens vier doele behaal, om sodoende 'n bonuspunt te verwerf en alleen boaan die puntelys te eindig.

'n Kenmerk van St. Paul se meisiespan is hul jeugdigheid, met ver­skeie van hul spanlede wat die land se nasionale o.14's en o.16's by provinsiale toere in Suid-Afrika verteenwoordig het. Die Namibiese o.16's en o.14's het onderskeidelik die brons- en silwermedaljes by hul toernooie in Bloemfontein behaal – met St. Paul wat onderskeidelik agt en drie spanlede opgelewer het.

Die meisiespanne wat in die toptwee in die Khomas-liga eindig, verwerf ook 'n loslootjie vir die begin van die uitklopfase van die nasionale eerste liga, wat ook skole van die Erongostreek insluit.

St. Paul, wat afgelope Maandag vir Windhoek Gimnasium met 3-0 geklop het, sal dus vanaand mik om laasgenoemde span uit die toptwee te druk. Khomas se twee bestes sal 'n loslootjie vir die nasionale kwarteindronde op 20 Julie hê en sal eers die naweek daarna in die semifinaal betrokke raak.

• Die Khomas eerste liga vir seuns is deur Coastal Hire WHS beklink, wat al sy wedstryde met bonuspunte gewen het.

Soortgelyk

 

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

9 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

9 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

9 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...

Buitelandse mediese studente: Eksamen nietig verklaar

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die jongste pre-internskapevaluering van 297 studente wat medies in die buiteland studeer het, is nietig verklaar. Die evaluering is op 27 September...

Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.Dit volg...

Die kwaliteit van verkiesings

9 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Gereëlde vry en regverdige verkiesings is die rugraat van enige demokrasie.Die kwaliteit van verkiesings is daarom onontbeerlik vir die konsolidering van nuwe...

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

9 ure gelede | Politiek

Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende...