Meisies moet wu00eareldwyd bemagtig word
Meisies moet wu00eareldwyd bemagtig word

Meisies moet wêreldwyd bemagtig word

Jong meisies in baie lande word steeds erg misken en hul regte word ondermyn.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Woensdag se viering van die Internasionale Dag van die Meisie het 'n jaarlange veldtog ingelui waarin die wêreld se aandag gevestig gaan word op die uitdagings wat jong meisies in tye van krisis beleef.

Onder die tema “bemagtig meisies” is gefokus op die lot van meisies in verskillende krisissituasies soos oorlog en rampe en hoe hulle met 21ste eeuse vaardighede bemagtig kan word.

Die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) sê in 'n verklaring meisies het vandag beter lewensomstandighede as wat 'n paar geslagte gelede die geval was.

Voeding het verbeter en kinder­huwelike en tienerswangerskappe is aan die afneem. Verder het onderwys- en werkgeleenthede vir meisies ook verbeter.

Dit is egter nie reg deur die bank die geval nie en in sommige lande is meisies steeds geweldig gemarginaliseerd en arm, hul menseregte word ondermyn en hulle is dikwels agtergeblewe, sê die UNFPA.

“Wanneer gemeenskappe rampe beleef, of dit natuurrampe of mensgemaak is, word vroue en veral jong meisies dikwels die ergste geraak. Hulle word in sulke situasies dikwels as gevolg van diepgewortelde geslags­ongelykhede met baie min keuses gelaat. Dit maak hulle meer kwesbaar vir praktyke soos kinderhuwelike en seksuele en geslagsgegronde geweld soos mensehandel, verkragting en seksslawerny,” sê dié organisasie se verteenwoordiger in Namibië, me. Dennia Gayle.

“Meisies het 'n nuwe, sterker skuiling nodig waar hulle teen die storms kan skuil wat hul gesondheid, regte en toekoms bedreig,” sê sy.



AFRIKA

Dr. Penninah Iutung, Afrika-hoof van die Stigting vir Vigs-gesondheid (AHF), sê wêreldregerings moet hul belofte hou om jong meisies te bemagtig sodat hulle op gelyke voet aan die politieke, burgerlike, ekonomiese, sosiale en kulturele lewe in hul gemeenskappe kan deelneem.

Sy sê in Afrika bly kinderhuwelike 'n groot probleem en een uit elke drie meisies in lae- en middelinkomste-lande trou voor die ouderdom van 18 jaar. Een uit elke nege meisies is getroud teen die tyd dat hulle 15 jaar oud word.

'n Opname vanjaar in konflikgeteisterde gebiede in Ethiopië en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) toon 52% van meisies het in die afgelope jaar 'n vorm van geweld beleef.

In Namibië is daar steeds 'n hoë voorkoms van geweld teen vroue en meisies. Dit sluit in verkragting, onsedelike aanranding, bloedskande, uitbuiting en selfs moord.

Navorsing toon een uit elke drie meisies is al aan fisieke of emosionele geweld blootgestel en 32% van meisies in dié ouderdomsgroep word deur hul kêrel seksueel of fisiek mishandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!