Meganiese kenner gelooi
Meganiese kenner gelooi

Meganiese kenner gelooi

Tegniese aspekte van die gru-ongeluk is in die Jandré Dippenaar-moordsaak bevraagteken, asook oënskynlike teenstrydighede van ’n kennersverslag.
Erwin Leuschner op Swakopmund - Die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het die afgelope twee dae in die streekhof op Swakopmund voortgeduur met 'n uitmergelende kruisondervraging van die staatsgetuie mnr. Martin Graham, wat die meganiese aspekte van beide voertuie bestudeer het wat by die gru-ongeluk betrokke was.

Graham het knap ná die ongeluk op 29 Desember 2014 saam met mnr. Johan Joubert, 'n kundige op die gebied van ongelukrekonstruksie, na Namibië gereis om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

Terwyl Graham geen meganiese foute by een van die twee voertuie kon vind nie, het Joubert die ongeluk gerekonstruktueer deur afmetings, berekeninge en verklarings van getuies te gebruik.

Tydens sy kruisondervraging het Graham volgehou hy het in beide rigtings op die pad van die ongelukstoneel geloop en 'n "aansienlike blinde hoogte" opgemerk. Hy het dit ook as 'n "baie steil blinde hoogte" beskryf.

Hoewel verskeie ander staatsgetuies die blinde hoogte in die hof genoem het, het Dippenaar se regsverteenwoordiger, adv. Louis Botes, dié beweringe weerlê.

"Het jy die heuwel of die helling gemeet?" het Botes gevra, wat Graham ontken het.

Botes het bygevoeg 'n foto wat 'n blinde hoogte uitbeeld, is ingesluit in die verslag wat deur Graham en Joubert saamgestel is, maar die foto is nie by die ongelukstoneel geneem nie.

"Ek vind dit verskriklik belaglik dat julle 'n foto van 'n beweerde blinde hoogte insluit," het Botes gesê.

Botes het ook heelwat tyd bestee aan vrae oor 'n sogenaamde skuurmerk wat Graham en Joubert aan die regterkant van die pad (in die rigting van Hentiesbaai vanaf Swakopmund) voor die ongeluk opgemerk het.

Albei het tot die slotsom gekom dat hierdie merk deur die Toyota FJ Cruiser, wat Dippenaar bestuur het, veroorsaak is toe hy voertuie verbygesteek het en die linkervoorband die pad verlaat en die merk gelaat het.

Botes het dit as onwaar beskryf en Graham daarvan beskuldig dat hy die skuurmerk opgemaak het om hul weergawe van die ongeluk te ondersteun.

Botes het gesê die betrokke merk strook nie met die ongelukstoneel nie, terwyl Graham dit ontken het.

Tydens hul ondersoeke het beide Graham en Joubert 'n duik aan die linkerkant van die soutpad op die ongelukstoneel waargeneem. Dit is volgens hulle ná die ongelukstoneel agtergelaat en was vir dae ná die ongeluk nog sigbaar.

Botes het gesê die pad is kort ná die ongeluk deur 'n padskraper geskraap. Graham het geantwoord die duik was steeds "baie prominent sigbaar" toe hy die ongelukstoneel besoek het.

"Dit was die eerste keer dat ek 'n ongelukstoneel ondersoek het waar die pad kort daarna geskraap is," het Graham gesê.

Gister het die verdediging met Graham se kruisondervraging voortgegaan.

Adv. Botes wou by Graham weet hoe hy kan beweer wat die oorsaak van die ongeluk was, aangesien hy slegs die meganiese inspeksie behartig het.

Hierop het Graham geantwoord: “Ek het verskeie jare se ondervinding, en gegewe die skadeprofiel van beide voertuie skets dit ’n sekere prentjie. Spoed was ’n faktor.”

Botes het hom daarvan beskuldig dat hy die ongeluk nie objektief of onafhanklik beoordeel het nie.

Hy het aangevoer Graham het nie ’n behoorlike rekord opgestel of behoorlike foto’s geneem nie, waarop Graham gesê het hy het ’n klomp foto’s geneem.

Dippenaar staan op onder meer ses klagte van moord tereg.

Hy word daarvan beskuldig dat hy die oorsaak van 'n trompop-botsing tussen Swakopmund en Hentiesbaai was. Hy was die bestuurder van 'n wit Toyota FJ Cruiser en al drie sy passasiers het gesterf. In die ander voertuig, 'n Ford Ranger waarin 'n Duitse familie gereis het, het net die toe 16-jarige Antonia Joschko oorleef.

Haar pa, ma en suster het gesterf.

Die verhoor duur vandag voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101