Meesterplan vir Windhoek se water
Meesterplan vir Windhoek se water

Meesterplan vir Windhoek se water

Die projek beoog om binne die volgende 20 jaar volhoubare watervoorsiening vir die hoofstad te verseker.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Windhoek se munisipaliteit het 28 tenderaansoeke vir die ontwikkeling van 'n geïntegreerde meesterplan vir water en -afvalwater ontvang.

Die tender het op 18 April gesluit met tenderaansoekers wat wissel van plaaslike wateringenieurskonsultante tot gesamentlike vennootskappe met Angola, Australië, Engeland, Kanada, Duitsland, Indië, Italië, Kenia, Portugal, Oostenryk, Suid-Afrika en Suid-Korea.

Die konsultering sal gefinansier word deur 'n toelaag wat Namibië se regering van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) ontvang het.

Die projek beoog om 'n strategiese meesterplan te ontwikkel wat Windhoek se munisipaliteit sal help om die nodige hulpbronne te mobiliseer sodat die hoofstad binne die volgende 20 jaar van volhoubare watervoorsiening en sanitasie verseker is.

Die tender sluit ’n geïntegreerde meesterplan en 'n strategiese dokument in wat moet uiteensit hoe waterfasiliteite binne die volgende 20 jaar volhoubaar ontwikkel kan word.

Dit sluit ook 'n bedryfsdokument in wat verduidelik watter werksaamhede vereis word, wat die koste beloop, watter impak dit sal hê en in watter volgorde beleggings gemaak moet word.

Dié projek sal oor 'n tydperk van 30 maande strek.

Windhoek se munisipaliteit is 'n wêreldleier op die gebied van waterherwinning en algemene waterbestuur.

Inwoners drink al sedert November 1968 herwonne rioolwater.

Die hoofstad is die tweede stad ter wêreld wat drinkbare water hergebuik.

Los Angeles in Amerika het in 1962 daarmee begin.

NamWater is die grootmaatverskaffer van Windhoek se drinkwater, maar die munisipaliteit kry ook water uit herwinbare water en van 'n akwifer af.

Die stad het egter in 2015-'16 'n kritieke waterskaarste beleef weens swak reën en min invloei in die drie hoofdamme sedert 2012.

Dié krisis is ook veroorsaak deur die feit dat die stad NamWater se sentrale waternetwerk ontgroei het, wat vir byna 40 jaar nie uitgebrei is nie.

Die sentrale watervoorsieningsnetwerk strek van suid van Grootfontein af tot by Waterberg en Okakarara, en sluit alles tussen Okahandja en Windhoek tot by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in, asook suidwes van Karibib, die Navachab-myn en Otjimbingwe.

Die drie hoofdamme, die Omatako-, Von Bach- en Swakoppoortdam, vorm deel van die skema.

Die laaste keer wat die skema uitgebrei is, was in 1980 toe die Omatakodam gebou is, en in die vroeë negentigs is die waterkanaal van Grootfontein na hierdie damme verleng.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!