Meesterplan vir water: Lisensies gouer toegeken

'Boere kan nie sonder water boer'

02 December 2019 | Landbou
Sarel van der Walt - Suid-Afrika sal oor die volgende tien jaar sowat R900 miljard moet bestee as hy watersekerheid wil hê.

Lindiwe Sisulu, minister van mens­like nedersettings, water en ­sanitasie, het Donderdag op 'n mediakonferensie in Pretoria gesê sowat R567 miljard daarvan is beskikbaar en nog R333 miljard moet iewers gevind word.

Sy het 'n water-meesterplan bekend gemaak wat volgens haar dalk “­ambisieus en waaghalsig” klink. “Maar water is te belangrik vir ons om dit nié te doen nie. As ons nou optree, kan ons 'n voorspelde tekort aan water van 17% in 2030 afweer.”

Verskeie rolspelers, onder meer uit die geledere van die landbou, die ­sakewêreld en die burgerlike same­lewing, het by­gedra tot die dokument van 64 bladsye.

“Ons moet aandag gee aan ons eie onvoldoende beleggings in waterinfrastruktuur en die onvoldoende bestuur van ons waterbronne,” sê Sisulu.

Die minister erken die situasie word vererger deur 'n tekort aan vaardighede en spesialiste, soos wateringe­nieurs, wetenskaplikes, hidroloë, hulpbron-ekonome en geohidroloë.

Daar moet onder meer gekyk word na die ontginning van water uit ander bronne as boorgate en damme, sê Sisulu.

Sy sê die meesterplan is gegrond op beleid wat in die verlede suksesvol was.

“Ons is 'n baie droë land en die ­situasie sal waarskynlik weens ­klimaatsverandering verder versleg. Ons watersekerheid kan net ­verseker word deur 'n kombinasie van 'n goeie wedstrydplan, slim tegnologie, kundigheid, goeie mensemateriaal in die sektor, uitstekende navorsing, inligtingstelsels, goeie wetgewing en 'n goed funksionele en 'n gekoördineerde institusionele ekostelsel. Bowenal moet Suid-Afrikaners leer om water spaarsaam te gebruik,” sê sy.

Die plan bevat 'n reeks ­dringende stappe wat gedoen en deur alle ­rolspelers in werking gestel moet word om stelsel- en infrastruktuur-uitdagings te oorkom.

Die minister sê te veel munisipaliteite kom nie hul verpligtinge na nie – ondanks finansiële en tegniese ondersteuning van die regering.

Weens die beperkte finansiële bronne van die regering sal die private sektor in die toekoms ook 'n groter rol moet speel en in vennoot­skappe met die regering moet gaan.

Die departement van menslike ­nedersettings, water en sanitasie se herstrukturering is een van die plan se kerndoelwitte.

Sisulu sê ook Suid-Afrika is in gesprek met sy buurlande oor samewerking oor die kwessie.

Daar word reeds met die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gepraat oor die moontlikheid om water met pypleidings na Suid-­Afrika te bring.

Die Federasie vir 'n Volhoubare Omgewing (FVO) en die Wêreldnatuurfonds (WWF) het die meesterplan gister versigtig verwelkom en sê die spoed waarmee dit in werking gestel gaan word, is van kritieke belang.



Ander stappe in die plan is:

• Waterlisensies vir boere sal nou binne 49 dae toegeken word.

• Meer aandag sal in die toekoms gegee word aan die hervorming van die stelsels waarvolgens waterlisensies aan boere toegeken word.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

2 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

3 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

5 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

5 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

16 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

16 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...