Meeste Namibiërs veilig in Ooste

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
TE MIDDE van vrese dat die finale dodetal in Suidoos-Asië se vloedgolf-tragedie die kerf van 100 000 kan oorsteek, blyk dit dat nie \'n enkele Namibiër in dié ramp dood of vermis is nie.
Amptenare van Namibië se diplomatieke sendings in Indië en Maleisië, wat verantwoordelik is vir die totale Suidoos-Asië, het gister aan Republikein bevestig dat geen ongevalle, navrae of vermiste persone van Namibiese herkoms by hulle onderskeie kantore in Kuala Lumpur en New Delhi aangemeld is nie.
Tientalle Namibiese studente is tans verbonde aan universitei-te in die suidelike dele van Indië wat die ergste geraak is deur die vloedgolf of tsunami.
Volgens alle aanduidings was daar ook etlike Namibiërs as toeriste in lande soos Maleisië, Thailand, Indonesië, Bangladesj en die Maldiveeilande.
Saam met die tragiese nuus oor die grootskaalse verwoesting en ongekende lewensverlies in Suidoos-Asië, het verhale gister ook begin ontvou van Namibiërs wat die dood of ontberings van die ramp op wonderbaarlike wyse vrygespring het.
Volgeboekte hotelle en vakansieoorde in Penang net buite Maleisië se Sumatra-spits waar Sondag se aarbewing sy ont-staan gehad het, het veroorsaak dat \'n senior lid van Namibië se Hoë Kommissariaat in Kuala Lumpur sy Kersvakansie afgestel het.
Penang en die twee eilandoor-de van Phuket en Phi Phi is die ergste getref deur die tsunami en groot getalle buitelandse toeriste het daar gesterf.
Mnr. Paul Shihengo, die eerste sekretaris vir politieke aange-leenthede van die diplomatieke sending het gister aan Repu-blikein vertel dat hy sy vrou en hulle drie dogters van onder-skeidelik 14, nege en twee jaar beplan het om soos vorige jare die Kersnaweek op Penang deur te bring.
In Oktober en November van-jaar wou mnr. Shihengo, wie oor-spronk-lik van Ondangwa in die Ohangwena-streek is, vakansieverblyf bekom, maar hulle is meegedeel dat alle oorde geboek is. Hulle het daarop besluit om eerder in Kuala Lumpur te bly en hulle Kersvieringe daar te geniet.
\"Ons was baie gelukkig, vreeslik gelukkig! Ons gaan gereeld na Penang en Langkawi waar die ergste skade die naweek aangerig is,\" het mnr. Shihengo vertel.
Volgens hom was die vloedgolf en die gevolge daarvan \'n ongekende ervaring vir hom en sy gesin.
\"Die ergste vir my is dat ons in Ohangwena water soek, maar hier saai water groot verwoesting.\"
Mnr. Shihengo het ook bevestig dat die Namibiese Hoë Kommis-sariaat net na die aardbewing en vloedgolf begin het om navraag te doen oor die welstand van Na-mibiese burgers in lande wat geraak is.
\"Tot nou het ons nog geen kennis ontvang van enige Namibiërs wat geraak word nie. Ons het self navrae uitgestuur, maar geen nuus ontvang nie.
\"Al die Namibiërs waarvan ons hier weet, is veilig, maar daar is mense wat tans op besoek aan die streek is en wat nie die ambassade in kennis gestel het nie,\" het hy gesê.
Mnr. Shihengo het ook bekend-gemaak dat die Namibiese Hoë Kommissariaat in Maleisië \'n hulplessenaar ingestel het om enige navrae oor Namibiese burgers of bystand in gevalle van nood te verleen.
Indien enige persoon navrae het oor familie of vriende wat hulle tans in Suidoos-Asië bevind, kan hulle die volgende nommer skakel: 00 03 2164 6520.
Ook in Indië is daar nog geen gevalle van sterftes of beserings onder Namibiese burgers aan-gemeld nie.
Me. Shazia Naqvi van die in-ligtingslessenaar van die Namibiese Hoë Kommissariaat in New Delhi, het gister bevestig dat groot ge-talle Namibiërs tans in die land studeer.
Die studente is verbonde aan instellings in Endhre Pradesh, Perele, Pondichery, Tamilnadu en die eilandstate van Andeman en Nikobar.
Republikein kon egter nie daarin slaag om met enige van dié studente in verbinding te tree nie.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

11 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

11 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

11 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

11 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

11 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...