Meeste Covid-gevalle op Rehoboth asimptomaties
Henriette Lamprecht – Hoewel net drie Covid-19-gevalle op Rehoboth gister deel van die nuutste gevalle vir die land was, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ’n plan ingestel om die virussiekte op dié dorp hok te slaan.
Volgens die minister, dr. Kalumbi Shangula, sluit dit geografiese kartering en uitgebreide geteikende toetsing in. Shangula het beklemtoon die gevalle wat die afgelope twee weke op die dorp aangeteken is, was kontakte van bevestigde gevalle en is meestal deur die opspoor van kontakte geïdentifiseer. Die meerderheid toon geen simptome nie en vereis nie hospitalisasie nie, sê die minister.
Volgens hom was daar geen versoek van gesondheidsgeriewe op die dorp vir bykomende personeel nie. ’n Ondersteuningspan van die ministerie was egter vandeesweek op die dorp om ondersteuning te verleen.
Intussen berig Dani Booysen oor die laaste sewe dae waarvoor data beskikbaar is: teen Maandag het Rehoboth elke dag gemiddeld meer as tien nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken.
Dit is meer as dubbeld die gemiddeld van vyf gevalle per dag die week tevore. Drie weke gelede was die daaglikse gemiddeld vier – ’n merkbare toename van die distrik se daaglikse gemiddeld van minder as een per dag.
Sover in November is reeds 106 nuwe gevalle hier aangeteken.
Rehoboth ervaar sedert 28 Oktober ’n merkbare toename in bevestigde gevalle van Covid-19. Op daardie Woensdag is sewe nuwe gevalle op die dorp bevestig en op Vrydag 30 Oktober nog agt.
Na wat verstaan word, het die begrafnis waaraan verspreiding sedertdien hoofsaaklik toegedig word op Saterdag 31 Oktober plaasgevind.
Oordrag het dus moontlik reeds vóór die nou veelbesproke teraardebestelling begin.
Die ministerie het die eerste keer op 8 November, net meer as ’n week later, van dié begrafnis (en ander) melding gemaak toe 16 gevalle vir Rehoboth aangekondig is.
Op 11 November is die meeste van ’n bykomende elf gevalle aan verspreiding na kontakte van begrafnisgangers toegeskryf, asook meer as 30 van die nuwe gevalle wat sedert verlede week op die dorp bevestig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie