Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab
Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab

Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab

Tanja Bause
Tanja Bause – Die Namibiese Rooikruisvereniging het noodverligtingspakkies aan 11 families oorhandig wat die slagoffers van brande in informele nedersettings was.

Volgens die Windhoekse stadspolisie brand gemiddeld meer as tien sinkhuise per maand in die informele ­nedersettings rondom Windhoek af. Sulke voorvalle neem in die wintermaande toe.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese Rooikruisvereniging, me. Flavia Placidus, was meer as 200 families brandslagoffers. Die grootste enkele familie het uit ses mense bestaan. Die meeste brande het in die Havana- informele nedersetting voorgekom, gevolg deur Goreangab.

Die pakkies bevat onder meer komberse, kombuisware, sonkragligte en rookverklikkers.

“Die vereniging bevorder die gebruik van veilige beligting in die huis soos sonkraglampe of flitsligte eerder as kerse. Ons moedig ook die gemeenskap aan om rookverklikkers of brandalarms in hul huise te installeer. Dit kan beslis help met die voorkoming van brande, skade beperk en lewens red,” het sy gesê.

Altesaam 250 rookverklikkers, 352 sonkraglampe en 50 komberse is uitgedeel. Die vereniging het ook inligting oor brandvoorkoming met meer as 700 mense gedeel.

Die onlangse hulp kom van die informele nedersetting se huisbrandvoorkomingsprojek, wat 'n vennootskap tussen die Namibiese Rooikruisvereniging en die Jiangsu Rooikruisvereniging van China is. Dit word deur die Windhoekse munisipaliteit en gemeenskapskoördineerders ondersteun.

 – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!