Meer vlugte in Namibiu00ebrs se reismandjie
Meer vlugte in Namibiu00ebrs se reismandjie

Meer vlugte in Namibiërs se reismandjie

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die private Suid-Afrikaanse redery, Airlink, het sy vlugte na Namibië uitgebrei en bied sedert 2 Maart op Dinsdae, Donderdae en Saterdae direkte vlugte tussen Kaapstad en Walvisbaai aan.
Die nuwe roete is Airlink se vierde tussen Suid-Afrika en Namibië, met ander vlugte wat Kaapstad en Windhoek verbind, en wat passasiers van Johannesburg via Windhoek en Walvisbaai vervoer.
Die Namibiese private redery, FlyWestair, verhoog ook vanaf 15 Maart sy frekwensie na die Andimba Toivo Ya Toivo-lughawe by Ondangwa. FlyWestair bedien tans dié roete twee keer per week, naamlik op Vrydae en Sondae. Dit word nou verhoog na vier keer per week, met Dinsdae en Donderdae wat bygevoeg word.
Verder sal FlyWestair ook twee keer per weke vlugte na Rundu en Katima Mulilo aanbied.
Daar sal op Maandae en Vrydae vlugte tussen Eros-lughawe en Mpacha by Katima Mulio wees, en Dinsdae en Donderdae tussen Eros-lughawe en die Rundu-lughawe.
Intussen het die Suid-Afrikaanse redery Comair gesê 'n berig in die sosiale media deur die plaaslike toerismebedryf dat dié redery vanaf 1 April een vlug daagliks tussen Johannesburg en Windhoek sal aanbied, is verkeerd.
Volgens 'n woordvoerder van Comair word 'n hervatting van die Johannesburg-Windhoek-roete beplan, maar 'n datum daarvoor is nog nie bekend nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!