Meer spoorsake vir Grootfontein
Meer spoorsake vir Grootfontein

Meer spoorsake vir Grootfontein

TransNamib en Ascon Energy (Pty.) Ltd het 'n ooreenkoms vir die spoorvervoer van steenkool, vraghouers en verskeie kommoditeite tussen Walvisbaai en die binnelandse eindpunte op Grootfontein en Gobabis onderteken.

Die spoorvervoerooreenkoms (RTA) is op 20 Maart onderteken en sal binne die volgende kwartaal in werking tree.

Dit maak voorsiening vir die vervoer van meer as 600 000 ton se kommoditeite per jaar, wat onder meer vraghouers insluit.

Aanvanklik sal op invoere en uitvoere op die Walvisbaai-Grootfontein-roete gefokus word.

Dit sal gevolg word deur die Gobabis-Walvisbaai-roete, wat die Trans-Kalahari-korridor insluit.

TransNamib sê in 'n verklaring die ooreenkoms sal gebruik word om die groei van spoordienste tussen Grootfontein en Walvisbaai vir Kongolese en Zambiese verkeer aan te moedig.

TransNamib is in gesprek met ander logistieke diensverskaffers in die Suider-Afrikaanse streek om intermodale geriewe op Grootfontein te ontwikkel om die kort- en mediumtermyn-toename in volume te ontwikkel.

Ascon Energy (Pty.) Ltd is 'n filiaal van die Ascon-groep, wat 'n internasionale olie- en kommoditeite-organisasie is.

Sy kerngebiede is Oos-Europa, Wes- en Suider-Afrika, die Midde-Ooste, en sekere takke in Asië.

Ascon fokus op verwerkte verwante produkte en steenkoolhandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!