Meer kwes­sies oor huise opge­klaar

Bykomende besonderhede rakende die ouditverslag oor die Massiewe Stedelike Gronddiens­projek het aan die lig gekom.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Trevino Forbes, het opnuut duidelikheid gegee oor 'n aantal kwessies wat met die raad verband hou.

Wat die Massiewe Stedelike Gronddiens­projek (MULSP) betref, het Forbes bevestig die geskorste amptenare is weer terug by die werk. Hy het gesê die doel van hul skorsing was om 'n gladde en ongehinderde ondersoek na MULSP-verwante prosedures te verseker.

Forbes het benadruk die geouditeerde verslag wat PwC opgestel het, verwys nie na individue wat baat gevind het of enige amptenaar wat aandadig was nie, maar eerder na prosesse binne die projek.

Hy sê dis nog te vroeg om te bepaal of enige individue wat by die projek gebaat het. “Die aanbevelings bevat ook 'n breër ondersoek na die administratiewe proses by sommige van die eiendomme.”

Hy beskou dit as van uiterste belang dat die raad nie net moet bepaal of iemand daarby gebaat het nie, maar ook of die gevolgde prosedures genoegsame resultate vir die munisipaliteit en die begunstigdes van die projek opgelewer het.

Die burgemeester het uitgewys dat PwC ná die voltooiing van die ouditverslag duidelik gestel het dit was uitsluitlik vir die raad saamgestel, en mag as sodanig met geen ander party gedeel word sonder hul toestemming nie – wat hulle na goeddunke kan weerhou, óf onderhewig aan voorwaardes kan gee.

“Die raad het versoek dat die verslag met die publiek gedeel word, wat die ouditeur van die hand gewys het.

“Hul voorbehoud is te wyte aan die feit dat hul verslag nie met die oog op publikasie voorberei is nie. Hulle is bekommerd die vrystelling van die verslag sal die sorgplig tot die breër publiek uitbrei, of 'n verwagting skep dat PwC 'n plig aan die algemene publiek verskuldig is.

“Die ouditeure is bekommerd dat openbaarmaking die ondersoek en verdere optrede wat nodig is, kan benadeel,” het hy verduidelik.

Forbes sê die raad het besluit om 'n eksterne menslike hulpbron-spesialis (met die hulp van 'n regsentiteit, indien nodig) aan te stel om verdere ondersoek in te stel na die spesifieke kwessies – soos uiteengesit in die aanbevelings in die verslag. Die nodige magtiging hiervoor word aan die burgemeester verleen.

“Aanvanklik sou die verslag binne ses weke afgehandel word. Dit was egter vir die ouditeure 'n uitdaging om eksterne inligting van die aktebesorger in te win.”



BEVINDINGE

Die raad het 749 huise met 'n beraamde gesamentlike waarde van ongeveer N$236 miljoen gebou.

Volgens die ouditverslag was die netto herwinning van erwe wat die munisipaliteit op grond van konstruksie-inligting en verkoopsooreenkomste verkoop het, 30 eiendomme met 'n finansiële impak van N$500 693.

Geen formele aanstellings- of werwingsproses is gevolg tydens die aanstelling van kontrakteurs vir al 749 eiendomme nie.

Daar was ook 'n netto onderwaardering van gesertifiseerde konstruksiewaardes, aangesien bousertifikate vir voltooiing minder was as die ooreengekome ekwivalente konstruksiekoste per vierkante meter vir 90 eiendomme, met 'n finansiële impak van ongeveer N$12,5 miljoen.

Volgens kontrakskedules is ongeveer N$20,7 miljoen aan kontrakteurs betaal vir 26 eiendomme waarvoor geen voltooiingsertifikate verskaf is nie.

Aftrekkings wat nie deur die munisipaliteit gedoen is op betalings aan kontrakteurs nie (ten opsigte van maatskaplike bydraes en betalings van 5% behoud volgens die betalingskedule) beloop ongeveer N$2,5 miljoen.

Bogenoemde verwys na fase 1-eiendomme wat middelpartye aan die bouers betaal het.



SYFERS

Netto oorbetalings op gesertifiseerde konstruksiewaardes vir 140 eiendomme – aangesien die waardes vir die voltooiing van die gebou laer as die betalingskedule was – beloop N$12,6 miljoen.

Die netto onderbetaling wat volgens betalingskedules aan die kontrakteurs gemaak is, aangesien die totale konstruksiewaarde minder as verwag is, beloop N$61 700, gebaseer op die ooreengekome tarief per m² vir 59 eiendomme.

Altesame 29 eiendomme is deur die munisipaliteit verkoop. Die verkope kon egter nie geverifieer word nie weens uitstaande verkoopsooreenkomste.

'n Netto onderverhaling van die boukoste van 70 eiendomsverkope is aangeteken, aangesien die betalings wat aan kontrakteurs gemaak is, laer is as die koste wat in die verkoopsooreenkomste vermeld is. Die verskil beloop N$601 525.

'n Netto onderverhaling van 36 eiendomme wat deur die munisipaliteit verkoop is op grond van ontvangste wat in die munisipaliteit se bankrekening bevestig is, beloop N$39,6 miljoen.

Forbes het bygevoeg die ouditeure het 'n aantal voorstelle gemaak rakende die probleme wat uitgewys is met betalings aan kontrakteurs vir 140 eiendomme, wat verband hou met 'n netto oorbetaling van die boukoste.

“Daaronder is 'n deeglike begrip van die prosesse wat gevolg word vir die identifisering, keuring en aanstelling van hierdie kontrakteurs; en die grondslag waarop eiendomme toegewys is vir die bou van huise tussen die verskillende kontrakteurs en die daaropvolgende betalings.”

Dis ook voorgestel dat die raad, op grond van die rolle en pligte van personeel – soos uiteengesit in die posbe­skrywings – identifiseer of daar gevalle is van magsmisbruik en/of moontlike wangedrag deur enige personeel betrokke by die projek.

Die ouditeur het ook aanbeveel dat verkrygingsprosedures, admi­nistratiewe rolle en verantwoordelikhede, boekhouding en rekordhouding en oordrag van eiendom verbeter word.

Wat met die oorblywende leë MULSP-huise gaan gebeur, sal mettertyd gekommunikeer word. “Ons kan egter die publiek verseker hierdie huise sal nie op 'n openbare veiling verkoop word nie,” het Forbes gesê.

[email protected]

FOTO's
Die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Leroy Victor; die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Trevino Forbes, en die hoofbestuurder van finansies, mnr. Frans !Gonteb. Foto Leandrea Louw

Huise wat as deel van die Massiewe Stedelike Gronddiens­projek (MULSP) by Narraville Uitbreiding 7 gebou is. Foto’s Otis Finck

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49%