Meer as N$350 000 se goedere kry voete
Meer as N$350 000 se goedere kry voete

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan.

Die insittende is met 'n mes gesteek en beroof.

Die verdagtes het met 'n pistool, selfoon en beursie met kontant en privaat dokumente op die vlug geslaan. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

'n Man het Donderdag om 19:00 'n vrou (24) se slaapkamer binnegegaan deur die deur te breek. Die vrou en haar nege maande oue baba was binne.

Die verdagte (35) het die vrou glo met 'n byl en sakmes gedreig en geëis om seks met haar te hê.

Die huiseienaar het haar hoor skree en ondersoek ingestel.

Die verdagte het glo die vrou se selfoon gegryp en op die vlug geslaan. Die polisie het sy voetspore tot by sy ma se huis gevolg waar hy in hegtenis geneem is.

Twee mense het tussen 4 en 5 Augustus en op 12 September glo by die Tjihozu Gekombineerde Skool in Oshifo ingebreek.

Hulle het 'n rekenaar en toerusting ter waarde van N$8 298 uit 'n klaskamer gesteel.

Die gesteelde items is glo in een van die verdagtes se slaapkamer gevind.



tsumeb loop deur

Die twee verdagtes (beide 17) is glo leerlinge van die skool. Beide is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.

Donderdag het 'n man by 'n huis op Tsumeb ingebreek. Hy het glo toegang tot die huis deur 'n oop venster verkry.

Altesaam 20 verskillende horlosies ter waarde van N$200 000 is uit die huis gesteel en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Vrydag om 05:00 is by nog 'n huis op Tsumeb ingebreek.

'n TV-stel en 'n selfoon ter waarde van N$17 000 is gesteel.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Vrydag om 23:30 is by Vanderwalt Trailer Manufacturing in die Lafrenz-nywerheidsgebied ingebreek.

Drie rekenaars ter waarde van N$24 000 en 'n boks met 'n onbekende hoeveelheid kontant is gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Vrydag om 06:00 is by 'n huis in Khomasdal ingebreek.

Verskeie items ter waarde van N$92 299 is gesteel.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Op dieselfde dag is by 'n huis in Wanaheda in Katutura ingebreek.

Twee skootrekenaars, 'n hardeskyf en N$800 se kontant is gesteel.

Die gesamentlike waarde is glo N$10 000.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!