Meer as N$330 000 gesteel
Die naweek is gekenmerk deur inbrake, verkragting, moord, verdrinkings en ongelukke.
Volgens die polisie is ’n Walvisbaaise vrou (63) Vrydag om 09:00 glo van N$60 000 se kontant beroof.
Sy het die geld na wat verneem word by ’n bank getrek en is huis toe toe ’n voertuig voor haar garage stilhou en twee mans haar oorval.
Die mans het die kar se passasiersvenster glo gebreek en die vrou se handsak met geld en persoonlike dokumente gesteel.
Hulle het in twee verskillende voertuie gespring en op die vlug geslaan. Die handsak is later in Kuisebmond, met al die dokumente binne-in, gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Inbrake
Saterdag om 07:30 is by die Universiteit van Namibië (Unam) se Hifikepunye Pohamba-kampus op Ongwediva ingebreek.
Toegang is deur ’n kantoorvenster verkry wat stukkend geslaan is, waarná ’n kluis oopgesny is en N$224 580 in kontant gesteel is.
Niemand is in hegtenis geneem nie en die geld is nie teruggekry nie.
Sondag om 15:30 was daar ’n inbraak by ’n sjebeen in Khorixas. Drank ter waarde van N$5 487 is gesteel.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
’n Voertuig is Vrydag in Kuisebmond gesteel ná die bestuurder aangerand is.
Die voertuig behoort aan die slagoffer se pa en is N$40 000 werd.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Misdaad
Volgens die polisie is ’n huishulp (44) glo herhaaldelik op Swakopmund deur haar werkgewer se pa verkrag.
Die voorval het na bewering tussen April en Desember verlede jaar in Ocean View plaasgevind.
Die man is nog nie in hegtenis geneem nie.
Sondag om 03:40 het me. Gionovina Naruses (23) in die Goreangab- informele nedersetting by Windhoek gesterf ná sy glo met ’n bottel in die nek gesteek is. Naruses en ’n vrou (17) het glo baklei toe die voorval plaasgevind het.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
Verdrinking
Mnr. Richard Titus (24) het Saterdag om 13:30 by die Orange River Farm naby Aussenkehr verdrink.
Volgens die polisie wou hy, sy ouer broer en vriende deur die rivier na Suid-Afrika swem toe hy moeg geraak het en verdrink het.
Sy liggaam is nog nie gevind nie.
Ongelukke
Saterdag het ’n man (41) op die hoofpad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah glo beheer oor sy voertuig verloor en die voertuig het omgeslaan.
Mnr. Gerhard Mukuve (54), ’n passasier in die voertuig, het op die toneel gesterf en twee ander passasiers is met beserings in die Karasburg-staatshospitaal opgeneem.
Die bestuurder was glo nie in besit van ’n wettige rybewys nie.
Mnr. Lukas Amon (51) is Sondag op slag dood toe ’n minibus hom op die Ongwediva-hoofpad raakgery het.
Die voorval het om 20:20 plaasgevind toe Amon die pad glo wou oorsteek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie