Meer as N$16 m. aan mens-dier-konflik bestee
Meer as N$16 m. aan mens-dier-konflik bestee

Meer as N$16 m. aan mens-dier-konflik bestee

In twee jaar is 147 probleemdiere van kant gemaak.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het tussen 2008 en 2018 sowat N$16,5 miljoen bestee om vir verliese weens mens-dier-konflik te vergoed.

In 2008 is slegs N$70 000 aan mens-dier-konflik bestee, maar verlede jaar is byna N$2,4 miljoen uit die sak van die ministerie betaal, sê mnr. Richard Fryer, hoofbewaringsbeampte van wildondersteuningsdienste in die ministerie. Hy meen vanjaar kan dit nóg meer wees, veral in die huidige versengende droogte.

Tussen 2017 en 2019 is altesaam 147 probleemdiere deur beamptes van die ministerie of trofeejagters van kant gemaak. Leeus is die grootste sondaars, waarvan 34 geskiet is, 29 olifante en luiperds elk, gevolg deur 22 hiënas.

Gebiede waar die meeste probleemdiere in hierdie tydperk van kant gemaak is, is die Otjozondjupastreek met 28 probleemdiere, gevolg deur die Zambezistreek met 23 probleemdiere. Twee-twintig probleemdiere, waarvan 16 leeus is, is rondom die Etosha Nasionale Park doodgeskiet.
Volgens die ministerie behels konflik tussen mens en dier die vernietiging van gewasse, verlies van vee, beskadiging van infrastruktuur soos waterinstallasies, heinings en huise, en ook mense wat beseer word en selfs met hul lewe boet.

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, sê sewe seekoeie, drie krokodille, 'n leeu en 'n luiperd het tussen April 2018 en Maart vanjaar 12 mense beseer.

"Altesaam 1 246 veeverliese is landswyd gely en meer as 1 400 hektaar se gewasse is deur wilde diere, hoofsaaklik olifante, vernietig."

Muyunda sê alle gevalle word nie altyd gerapporteer nie.

MAATREëLS

Van die maatreëls wat geïmplementeer is om mens-dier-konflik te voorkom, is volgens Fryer 15 leeus wat in 2018 met nekbande toegerus is, en een vroeë waarskuwingstelsel wat in die kommunale bewaringsgebiede van Torra en Anabeb ontplooi is.

Vyftien nekbande is gekoop, met 12 olifante wat dié bande in die probleemgebiede van Omatjete, Ugab, Kamanjab, en noord van Etosha toegerus is.

Elf karnivoorbestande krale is in die Kunenestreek opgerig, twee nuwe beskermingsmure is by Okongwe gebou en 'n muur is opgeknap. Ook in dié streek word voortgaande opleiding aan leeuwagters deur die organisasie Geïntegreerde Landelike Ontwikkeling- en Natuurbewaring (IRDNC) en die Desert Lion Trust verskaf.

Veelvuldige stoorgeriewe is in die Ohungu-bewaringsgebied opgerig en in die noordelike-sentrale gebiede is tien graansilo's en vyf watertenke oorhandig. In die bewaringsgebiede van die Erongostreek is 15 boorgate gerehabiliteer en met PVC-pype en sonkrag opgegradeer, asook vyf krippe vir olifante gebou.

In die Maurus Nekaro-bewaringsgebied in die Kavango-Wesstreek is een boorgat geboor. Ook in dié streek is drie watertenke en sement gekoop om waterinfrastruktuur te herstel wat deur olifante beskadig is. 'n Brandrissietuin om olifante weg te hou, is by die ministerie se kantoor op Ongwediva hervestig.

"Personeel van die ministerie ondersoek voortdurend konflikvoorvalle, verskuif probleemdiere, jaag hulle terug in parke in, herstel heinings, bou beskermde infrastruktuur, skep bewustheid, en deel inligting en raad," sê Fryer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107