Meer as ’n taal

Sowat 6 000 tale word tans wêreldwyd gepraat.
Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Vandag vier miljoene mense oraloor die wêreld Wêreldmoedertaaldag.

Dié dag is sedert 2000 ingestel om die behoud en ontwikkeling van alle tale te bevorder.

Volgens ‘n verslag wat deur Akademia, ’n virtuele Afrikaanse universiteit met ’n kampus in Windhoek, uitgereik is, toon studies dat 6 000 tale tans wêreldwyd gepraat word.

Die verslag toon verder minstens 43% van dié tale kan binne enkele geslagte uitsterf.

Dit is veral die tale van minderhede wat deur tale soos Chinees, Engels, Arabies en Spaans verdring word.

Dié inligting word deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) se taalatlas weerspieël.

“Akademia hoop Wêreldmoedertaaldag sal daartoe bydra dat gemeenskappe oor die wêreld daadwerklike stappe sal doen om die volhoubaarheid van hul onderskeie tale te verseker,” sê prof. Danie Goosen, hoof van akademie by dié tersiêre onderwysinstelling.

Goosen beskryf sy moedertaal, Afrikaans, as ’n “gemeenskaplike tuiste” vir dié wat die taal praat.

“Een van ons groot uitdagings vandag is om Afrikaans só te versorg dat haar skoonheid nie verlep nie, en dat sy haar aantrekkingskrag as taaltuiste behou,” verduidelik Goosen verder.

Republikein het met Namibiërs oor Afrikaans en moedertale in die algemeen gesels.

Me. Chrisna Beuke-Muir, senior lektor aan die Universiteit van Namibië (Unam) en ondervoorsitter van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA), sê Afrikaans verenig Namibiërs en kan struikelblokke uit die weg ruim.

“Ek glo Afrikaans motiveer ons om saam te staan en mekaar te voed. So laat ons mekaar toe om suksesvol te wees, en boonop werklik bly te wees oor ons medelandgenote se sukses,” sê sy.

”My moedertaal gee my ‘n gevoel van werklikheid, van ritme, soos om gemaklik op ‘n perd se rug te wees met die wye wêreld wat voor my oopmaak. In my moedertaal leer hierdie sestigjarige kind steeds dinge – onbewustelik en sonder inspanning, en dit vul my gemoed met wonderlike indrukke van die lewe. Uit dit wat ek tot dusver geleer en ervaar het, glo ek vas dit geld vir enige moedertaalspreker van enige taal oraloor die wêreld,” sê sy.

Die bekende komediant Neville Basson sê: “Dit maak my trots as Namibiër om te hoor ons hou al ons moedertale lewend deur dit te praat.

“Vir ons wat in die informele nedersetting Katutura grootgeword het, was Afrikaans die gemeenskap se medium.

“Baie van ons het in Khomasdal skoolgegaan en het, wanneer ons skool toe stap en terugstap, met mekaar Afrikaans gepraat – al het ons ander tale by die huis gepraat.

“My kinders praat Afrikaans. Ek dink nie Afrikaans het hier die sterk koloniale band wat dit in Suid-Afrika het nie.

“Afrikaanssprekendes moet hulself dalk ook herkondisioneer. Hulle moenie skrik vir ander tale nie en probeer om iets daarin te leer – al is dit net om te groet. Só kan mense ook ‘oor die draad klim’, soos ons daardie tyd gedoen het. Ons moet al ons tale vier.”

Die bekroonde Namibiese digter Kobus Lombard sê: “Hoewel Afrikaans nie meer ‘n amptelike taal is soos in die verlede nie, vervul dit ‘n baie belangrike kommunikasie- en sosiale rol in die sin dat dit die algemene gebruikstaal van ‘n groot persentasie Namibiërs is. Die taal wat mense op straatvlak bind, is uiteraard ‘n belangrike taal.

“My gunstelingwoord in Afrikaans is elke woord wat trefseker gebruik word. Dis dalk een van die redes waarom poësie my na aan die hart lê, want dit dwing die skrywer tot spaarsamige, trefseker woordgebruik.”

Lombard sê vir hom het almal “‘n moeder- of hartstaal nodig om in te vloek, huil en lag”.

Elzeth Harmse, Afrikaansonderwyser, kultuurkoördineerder en WAPAT- (ATKV-jeugtak)voog by Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), sê sy verdien haar brood en botter danksy haar moedertaal.

“Ek is bevoorreg om my kennis van en passie vir Afrikaans daagliks met die jeug (en toekoms) van ons land te deel deur my werk as Afrikaansonderwyser.

“Daar is geen beter werksbevrediging en bevestiging dat my doel om liefde vir die taal te kweek, bereik is as wanneer ’n kind ’n ‘aha’-oomblik beleef en sê: ‘Juffrou, ek het dit nie geweet nie, maar kan nie wag om dit met ander mense te deel nie!’” sê Harmse.

“Namibië is een van die min Afrikalande waar Afrikaans nog as taal erken en gebruik word, en daarom is dit elke Afrikaanssprekende in dié land se plig, maar belangriker nog, se voorreg om te kan sorg dat dié taal nie sal uitsterf nie.”

Haar boodskap aan mede-Afrikaanssprekendes is: “As ons Afrikaans aanhou praat, lees, skryf, sing, droom en lééf, sal dit geliefd bly vir ons kinders, kleinkinders en ook húl kinders.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 220.26/OZ UP +1.35% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.55/BBP UP +1.35% | Platinum US$ 907.23/OZ UP +1.38%