Meer as ’n duisend onderwysposte geadverteer
Dié poste moet gevul word om te verseker die onderrig- en leerproses word nie onderbreek nie.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se jaarlikse bulletin vir vakante poste vir onderwysers verskyn vandag in verskeie plaaslike koerante en op digitale platforms.
‘n Totaal van 1 746 poste word in die bulletin vir 2020 geadverteer. Hiervan is 35 poste vir skoolhoofde, 121 vir departementshoofde en 1 590 vir onderwysers.
Poste vir skoolhoofde en departementshoofde wat tans vakant maar reeds geadverteer is, verskyn nie in die bulletin nie. Die sluitingsdatum vir onderwysposte is 11 Oktober vanjaar, terwyl die aansoeke vir skoolhoof- en departementshoofposte op 25 Oktober sluit.
Volgens die ministerie is die betrokke poste as kritiek geïdentifiseer, en moet dit gevul word om te verseker die onderrig- en leerproses word nie onderbreek nie.
Vanjaar se 1 746 poste toon ‘n afname van 366 teenoor verlede jaar s’n. Dit sluit ‘n afname van 261 onderwysposte in van die totaal van 1 851 verlede jaar teenoor 1 590 vir 2020.
Poste vir departementshoofde het met 74 afgeneem van 195 in 2019 tot 121 in 2020.
Ook is daar ‘n afname in die getal vakante poste vir skoolhoofde, wat 31 minder as die 66 in 2019 is, naamlik 35 vir 2020.
Volgens die ministerie word dié onderwysposte tans gevul deur tydelike onderwysers van wie die kontrakte einde Desember verstryk.
Poste vir skoolhoofde en departementshoofde word tans gevul deur mense wat waarneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie