Meer as miljoen se Mandrax gekonfiskeer
Namibië is volgens die polisie vroeër as 'n deurgangsroete vir dwelms beskou, maar die land se status het intussen na dié van 'n verbruikersland verander.
Henriette Lamprecht
'n Namibiese vragmotorbestuurder is op Gobabis agter tralies nadat hy by 'n grenspos met meer as 11 000 Mandrax-tablette betrap is.
Die 44-jarige mnr. Freddy Mashishi is Sondag op Buitepos met 11 458 Mandrax-tablette in sy besit in hegtenis geneem. Die straatwaarde van die dwelms word op N$1,37 miljoen geraam.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het die dwelmklopjag bevestig en gesê Mashishi was van Johannesburg af op pad Namibië toe deur Botswana.
Volgens Kanguatjivi is Namibië vroeër as 'n deurgangsroete vir dwelms beskou, maar die land se status het intussen na dié van 'n verbruikersland verander.
Mashishi het reeds in die landdroshof op Gobabis op aanklagte van die besit van en handel in dwelms verskyn. Hy is borgtog geweier en die saak is tot 15 Januarie aanstaande jaar uitgestel.
Intussen het die besturende direkteur van In Touch Cargo Namibia (PTY) Ltd, aan wie die vragmotor behoort waarin die dwelms gevind is, Mashishi se optrede sterk veroordeel.
Volgens mnr. Dries Obholzer beskik die maatskappy oor verskeie beleide, reëls en regulasies wat personeel moet nakom.
“Almal weet wat van hulle verwag word. Ongeag wat jy as operateur doen, is daar ongelukkig 'n element van menslike optrede wat jy nie kan beheer nie,” het Obholzer gesê.
Volgens hom ondersteun die maatskappy die polisie se ondersoek en is die vragmotor ook deur die polisie gekonfiskeer.
“Ek moes 'n ander vragmotor stuur om dié vrag te gaan haal wat deur die polisie vrygestel is om dit na die kliënt te vervoer. Dit het drie dae uit my skedule gehaal. Ons het 30 trokke, ons kan nie bekostig om by enige onwettighede betrokke te raak nie.”
Die maatskappy het ook op sy Facebook-blad 'n verklaring by monde van sy bedryfsbestuurder geplaas wat beklemtoon het Mashishi se optrede druis direk teen In Touch Cargo Namibia (PTY) Ltd se beleid in.
Mnr. Gerhard Visser, die maatskappy se bedryfsbestuurder, het namens die maatskappy beklemtoon die optrede van die bestuurder “is buite ons beheer” en gesê maniere word ondersoek om te verhoed dat so iets weer gebeur.
Sou die publiek enige verdagte optrede deur bestuurders en voertuie van die maatskappy opmerk, kan Visser by 081 122 3603 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie