Meer as drome
Meer as drome

Meer as drome

Mandy Rittmann
ERNST HASHAGEN SKRYF:

Ons word daagliks met negatiewe beriggewing oorweldig, en dan is dit moeilik om positief te dink.

Twee van ons belangrikste ministers word van korrupsie verdink. Daar is sprake van N$150 miljoen, maar ’n bedrag van N$2,5 miljard word ook genoem. Is dit nou maar net die oortjies van die seekoei?

Dr. Johan Coetzee het uitgewerk korrupsie kos ons land N$11 700 per kapita. En dit terwyl baie van ons medeburgers in haglike omstandighede moet leef.

Ons is veronderstel om ons politieke leiers te respekteer, maar dit raak vir elke regdenkende Namibiër al hoe moeiliker. Dramas wat feitlik daagliks in ons land voorkom, maak ons moedeloos, maar watter land het dit nie?

As ons nie meer in staat is om dit wat positief is raak te sien, dan beteken dit dat ons tou opgooi. En dit sal ’n egte Namibiër, wat lief is vir sy land, nooit doen nie.

Daar is so baie positiewe dinge in hierdie land wat nooit of selde beklemtoon word nie. Ons grootste bate is ons mense.

Nelson Mandela het na die oorwinning van 1995 die volgende gesê: “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. Sport can create hope when once their was only despair. It is more powerful than the government in breaking down racial and tribal barriers.” Die Suid-Afrikaners het weer die Wêreldbeker gewen en is hopelik meer verenig as destyds. As Nelson Mandela dit maar self kon beleef! Sy woorde het waar geword.

As ons net na ons sportspanne en ons individuele sportvroue en -manne kyk, dan moet ons trots en dankbaar wees. In ons groot land met ’n klein bevolking presteer ons sport fantasties. Finansiële ondersteuning kom in die meeste gevalle uit die privaat sektor en nie van die regering nie.

"Saam kan ons ons doel bereik." Siya Kolisi het dit baie duidelik aan die Suid-Afrikaners bewys. Geld dit nie vir ons ook nie?

Die Springbokke se oorwinning het nie net vir rugby iets beteken nie, maar vir die hele land. Kolisi en Rassie Erasmus en al die spelers is ware leiers en voorbeelde, nie net op die rugbyveld nie, maar vir hulle land op alle gebiede.

Ek is seker ons het ook baie Erasmusse, Kolisi's, Handré Pollards en Cheslin Kolbe's in ons land. Miskien nie as rugbyspelers, maar as leiers.

Dit is nie net op sportgebied wat ons mense presteer nie. Hoe baie van ons mense, uit alle bevolkingsgroepe, presteer onder die moeilikste omstandighede.

In NMH se invoegsel “Careers” kan ons dit lees. Tanja Bause het met haar artikel oor Filipus en Hilde, onder andere, bewys dat daar in ons gemeenskap mense is wat ten spyte van baie probleme die leierseienskappe toon wat ons by ons politieke leiers soek. Dit is daardie mense wat self alles doen om in hulle samelewing te kan bestaan en dan selfs nog ander help om menswaardig te lewe.

Hulle gebruik nie die afgesaagde verskoning nie dat die vorige bedeling na dertig jaar eintlik nog skuldig is aan alles wat skeef loop. Hulle maak nie beloftes nie, maar hulle doen.

Ook in die huidige droogtetoestand sien ons hoe mense omgee en help waar moontlik.

Daar is selfs staatsamptenare wat hulle werk getrou verrig. In die polisiemag sal ons ook lede kry wat vriendelik en behulpsaam is en hulle opdragte volgens voorskrif uitvoer. Selfs in ons huidige regering is daar mense wat omgee.

Hoekom kan daar nie uit hierdie geledere mense gekies word wat ons in die parlement en veral die kabinet kan verteenwoordig nie? Hulle sal 24/7 op diens wees. Dan sal dit nie gebeur dat daar nie genoeg afgevaardiges is om ’n kworum te vorm nie. Hulle sal met hulle privaat motors hulle private dinge doen en na die nasie se behoeftes luister. In hierdie groep sal onder andere sakemanne, dokters, tandartse, boere, opkomende boere, onderwysers, sportorganiseerders en baie ander wees.

As die regte mense - eerlike politici - ons regeer, sal vrede, verdraagsaamheid en veral vooruitgang vir almal moontlik wees.

Miskien is die voorstelle vergesog, maar tog nie onbereikbaar nie. Dr. Martin Luther King se beroemde woorde “I have a Dream” is vandag nog van toepassing.

Ons mag almal van ’n voorspoedige toekoms droom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!