Meer as 60 herstel van Covid-19

Gevalle styg met 36

23 July 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sê die aantal bevestigde ­Covid-19-gevalle het met 36 tot 1 402 gestyg. Hiervan is 28 op Walvisbaai, vier op Swakopmund, drie in Windhoek en een op Lüderitz. Uit die 36 is 16 vroue en 20 mans.

Die drie gevalle in die hoofstad is soos volg: Die eerste geval is 'n 45-jarige man van Otjiwarongo wat met openbare vervoer na Windhoek gereis het waar hy in die Windhoek Sentrale Hospitaal vir 'n chirurgiese prosedure opgeneem is. Hy is voor die operasie getoets en het geen simptome getoon nie.

Die tweede geval is 'n 37-jarige vrou en inwoner van Walvisbaai wat na Windhoek verwys is en in die Katutura-staatshospitaal in 'n isolasie­kamer opgeneem is. Sy is getoets en is terug Walvisbaai toe.

Die derde geval is 'n 46-jarige man en inwoner van Goreangab wat op 20 Julie met Covid-19-verwante ­simptome 'n private dokter besoek het.

Die geval op Lüderitz is 'n 39-jarige vrou van Rosh Pinah wat ­Covid-19-verwante simptome getoon het. Sy het geen reisge­skiedenis nie.

Volgens Shangula is 12 pasiënte in 'n Walvisbaaise hospitaal “uiters siek” en benodig suurstof.

Hy sê nog sewe gevalle het ten volle herstel, gevalle 36, 44, 71, 192, 184, 185 en 337.

Dié gevalle sluit in 'n 19-jarige skoolmeisie op Mariental wat kontak gehad het met 'n skoolseun wat uit Walvisbaai teruggekeer en positief vir Covid-19 was en 'n Malawiese vragmotorbestuurder wat op 5 Junie uit Zambië op Katima Mulilo aangekom het. Vier van die oorblywende 5 is van Walvisbaai.

Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 1 331, terwyl 64 mense tot dusver herstel het. Tot op hede is 19 620 weefselmonsters getoets en 660 mense is tans in kwarantyn.

Intussen gaan die liggame van persone wat aan Covid-19 gesterf het in reeds bestaande ­begraafplase op Walvisbaai begrawe word. Nampa berig dié besluit is volgens die ­goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, ná konsultasie met MoHSS geneem. Andre sê al die liggame sal in lyksakke geplaas word alvorens dit in die kis gesit word.

“Dit is dus 'n normale begrafnis. 'n Beperkte aantal familielede sal toegelaat word om dit met persoonlike beskermende toerusting (PPE's) by te woon, terwyl die res dit van 'n afstand en in lyn met regulasies sal kan bywoon.

[email protected]

Soortgelyk

 

Oliesoektog: D-dag vir besware om die draai

9 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer – Die olie- en gasmaatskappy Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) moet teen Vrydag 5 Februarie sy aansoek vir ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) by die ministerie...

Inhaal deel van leerplan

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nasionale leerplan is tot 70% gerasionaliseer en ’n herstelperiode is ingebou wat vandeesmaand met die opening van skole vir die nuwe...

Haihambo terug in hof

9 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die moordbeskuldige mnr. Philipus Hafeni Haihambo (55) se verhoor het hierdie week in die hoërhof in Windhoek hervat.Die verhoor was verlede jaar...

Weer vir 20 Januarie 2021

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar reënneerslae met kitsvloede sal waarskynlik by Tsumkwe en die streke van die Kavango, Zambezi, Oshikoto, Ohangwena en Oshana voorkom en na die Omusati-...

Die Neckartaldam se 'beker loop oor'

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl 'n weerkenner meen swaar reën is moontlik in die tweede deel van Februarie en Maart vir Namibië op pad, het Neckartal...

Vuilspel in Shoprite/Nafau-staking beweer

9 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig – Beskuldigings van vuilspel aan beide kante sal volgende Dinsdag in die hof draai, wanneer prokureurs vir Shoprite en die Namibiese Unie...

Lesersfoto's 20 Januarie 2021

9 ure gelede | Lesersfoto's

Sterkerig: Elize het die foto in haar tuin geneem. Water: Johané Boshoff het die foto by Aussenkehr geneem.Groete: “Ek het die sonsondergang buite Tsumeb geneem....

3 sterftes, 242 nuwe gevalle

17 ure gelede | Gesondheid

Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, een elk van Eenhana, Oshakati en Oshikuku, het die totaal vir die land op 296 te staan gebring. Vandag is 242...

Neckartaldam: Tot oorlopens toe vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Teen saktyd gisteraand is verwag dat die Neckartaldam vanaf middernag sou begin oorloop en tot 1 100 m³ water per sekonde sou...