Meer as 50 gesondheidswerkers in kwarantyn

Shangula ‘nie bekommerd’

31 July 2020 | Gesondheid
Jemima Beukes – Die skielike toename in Covid-19-gevalle het die oënskynlik swak voorbereide gesondheidstelsel onkant betrap en meer as 50 gesondheidswerknemers buite aksie gestel.

Dié werknemers, wat verpleërs insluit, staan aan die voorpunt van die stryd teen die pandemie.

Mnr. Junias Shilunga, die waarnemende hoofsekretaris van die Namibië Verpleërsvakbond (Nanu), het dié wending bevestig.

Volgens hom word verpleegpersoneel gedwing om een wegdoenbare masker vir meer as twee weke te dra vanweë ’n nypende tekort. “Dit is die situasie op die grond. Die verpleërs staan aan die voorpunt en hulle beland deurgaans in nabye kontak met positiewe gevalle – soms bewustelik en soms onbewustelik.”

Shilunga het ook kommer uitgespreek oor die beweerde roekeloosheid van sommige gesondheidsopleidingsentra wat studente uitstuur om te werk sonder enige beskermingstoerusting (PPE).

UIT VOORRAAD

’n Studentverpleër by die Katutura-staatshospitaal met wie Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, gepraat het, is aan ’n Covid-19-positiewe geval blootgestel.

Sy sê hulle behandel pasiënte met net ’n masker en handskoene. “Toe ek met daardie spesifieke persoon gewerk het, het ek glad nie handskoene gedra nie, omdat dit uit voorraad was. Hulle het my egter as laerisiko beskou met geen behoefte om myself te toets nie.”

Luidens ’n interne skrywe Dinsdag deur die visekanselier van die Universiteit van Namibië (Unam), prof. Kenneth Matengu, het ’n personeellid positief vir die virus getoets.

Hy het in dieselfde skrywe gesê 39 studente van die fakulteit van gesondheid is tans in kwarantyn vanweë hul blootstelling aan Covid-19.

Die egtheid van die skrywe is by navraag deur mnr. John Haufiku, die woordvoerder van Unam, bevestig.

Volgens hom sluit dié studente hoofsaaklik verplegingstudente in. “Daardie getalle verander daagliks, omdat hul blootstelling ontstaan weens risiko’s wanneer hulle die ministerie bystaan met iemand wat besmet is.”

BOG, Sê KALUMBI

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die beweringe as onwaar afgemaak.

Volgens hom is die ministerie se PPE-voorrade in geen stadium uitgeput nie.

Dit is net mense wat aan hoë risiko’s blootgestel word wat van kop tot tone in beskermingsdrag geklee behoort te wees. “As studente nie handskoene gedra het nie, was dit omdat hulle nie wou nie, maar ons PPE-voorrade het nog nooit uitgeput geraak nie.”

Ofskoon hy toegegee het die land beskik nie oor genoeg gesondheidswerkers nie, sê Shangula die meer as 50 gesondheidswerkers wat tans in kwarantyn is, benadeel nie die land se vermoë om die pandemie te bestry nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

10 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

21 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

21 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

21 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

21 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...