Meer as 20 jagluiperds al op Erindi vrygelaat
Francoise Steynberg - Sedert 2000 werk die Cheetah Conservation Fund (CCF) en die private Erindi-wildreservaat saam om jagluipers van oraloor Namibië te help met meer as 20 van die vinnigste katte wat al in Erindi vrygelaat is.
CCF wat buite Otjiwarongo geleë is, het op 25 Februarie weer vier volwasse jagluiperdwyfies in Erindi vrygelaat.
Die vier wyfies, Susan, Tatjana, Georgia en Daenerys is susters en is in 2016 gered toe hul ma dood is toe hulle net vyf maande oud was.
Hul broers, Elwood, Kamin en Cyclone, is ook vroeër vanjaar op Erindi vrygelaat, volgens CCF.
Die vrylatingspan het die wyfies uit hul aahoudingsboma in Erindi uitgelok en toe hulle eers uit is, het die span hulle met hul eerste ete voorsien.
“Ons doen dit altyd om te verseker dat die jagluiperds daarop fokus om waaksaam te wees en eers die reservaat tydens hul eerste dae van vryheid te ontdek,” sê CCF.
In hul eerste dae ná hul vrylating was Eli Walker van CCF op die toneel om hulle te monitor.
“Hulle het eers in die omgewing van die boma gebly, maar later Erindi begin ontdek.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie