Meer as 20 000 ingeënt

30 April 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Meer as 20 315 mense is teen gister teen Covid-19 ingeënt. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het beklemtoon geen persoon mag weggewys of inenting geweier word nie.
Persone sonder ’n nasionale identiteitsdokument se identiteit kan deur ’n ander persoon bevestig word. Dokumente soos gesondheidspaspoorte, kieserskaarte, rybewyse of dokumente van kerkowerhede kan ook gebruik word.
Volgens Shangula het toetse gewys die Suid-Afrikaanse variant (B.1.351) was teenwoordig in 60% van weefselmonsters wat in Februarie ontleed is, terwyl die B.1.1.7-variant wat aanvanklik in Brittanje ontdek is, in drie weefselmonsters gevind is.

Die regulasies sluit in die aandklokreël wat steeds van 22:00 tot 04:00 geld; 100 toeskouers word toegelaat by sportbyeenkomste wat Covid-19-protokol volg; koshuisleerlinge waar aktiewe oordrag van Covid-19 is, bly in die koshuis; persone wat na Namibië sonder uitslae terugkeer, moet tuis of teen eie koste in regeringsgeriewe in kwarantyn wees en operateurs van openbare vervoer kan hul voertuie tot volle kapasiteit gebruik.
Die regulasies verstryk op 31 Mei.
[email protected]

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

9 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

9 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

9 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

9 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

9 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...