Meer as 100 vermeende dwelmsmouse vas

Tanja Bause
Tanja Bause/Nampa - Die Namibiese polisie het in Junie op dwelms ter waarde van N$1,304 940 beslag gelê.

Altesaam 117 verdagtes is in hegtenis geneem, waarvan 97 Namibiërs, ses Angolese, drie Burundiërs, agt Kongolese, een ’n Tanzaniër en twee Zambiërs was.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm Edwin Kanguatjivi, is daar onder meer op 74,8 kg dagga ter waarde van N$747 930, 21 g daggaplante ter waarde van N$210, 405 Mandrax-tablette ter waarde van N$48 600, 917,4 g kokaïen ter waarde van N$458 700, 115 eenhede crack-kokaïen ter waarde van N$11 500 en 27 aborsietablette ter waarde van N$13 500 beslag gelê.

Vrydag het die polisie in die ||Kharasstreek dwelms ter waarde van N$9 miljoen verbrand waarop sedert 1994 beslag gelê is.

Die dwelms is in die Keetmanshoop-stadshospitaal se verbrandingsoond verbrand.

Die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het gesê dié dwelms het dagga, Mandrax-tablette en kokaïen ingesluit.

“Die dwelms wat verbrand is, is tussen 1994 en 2016 by afgehandelde hofsake betrek waar verdagtes skuldig bevind is,” het hy gesê.

Mubebo het verduidelik die dwelms mag eers vernietig mag word wanneer die saak afgehandel is en die skuldiges ’n jaar van hul vonnis uitgedien het.

Veroordeeldes moet binne ’n jaar appelleer en daar word vereis dat die betrokke dwelms hiervoor beskikbaar is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!