Meer as 100 sterf nu00e1 vliegtuig val
Meer as 100 sterf nu00e1 vliegtuig val

Meer as 100 sterf ná vliegtuig val

Volgens 'n ooggetuie het die vliegtuig geswenk en sy enjins het versnel voordat dit neer­gestort het.
Meer as 100 mense is Vrydag dood nadat 'n Cubana de Aviación Boeing 737-200 neergestort het nadat dit opgestyg het van die José Martí- internasionale lughawe in Havana, Kuba, berig CNN.

Volgens die Daily Mail is vier kinders onder die slagoffers. Drie vroulike passasiers het oorleef en is in 'n kritieke toestand. 'n Man wat ook lewend uit die wrak gehaal is, het later in die hospitaal gesterf.

Die vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het in 'n veld in Santiago de las Vegas neergestort.

Volgens CNN het die adjunkminister van vervoer, Eduardo Rodríguez Dávila, gesê daar was 105 passasiers aan boord, onder wie 'n baba. Vyf passasiers was buitelanders, onder wie twee Argentyne. 100 Kubane is dood.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die voormalige Kubaanse president, Raul Castro, wat onlangs 'n operasie ondergaan het, is bewus van die ongeluk en bly op hoogte van die situasie, sê die regering in 'n verklaring.

Die vliegtuig was onderweg na die stad Holguín, meer as 700 km oos van Havana. Die byna 40 jaar oue Boeing 737-200 is die eiendom van die Meksikaanse lugdiens Aerolíneas Damojh en is verhuur aan die Cubana de Aviacion, luidens 'n verklaring van die burgerlugvaartowerheid. Die vliegtuig het sowat 9 km van die lughawe neergestort. Volgens 'n ooggetuie het die vliegtuig geswenk en sy enjins het versnel voordat dit neergestort het.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!