Medisyne gaan in 2017 wéér baie duurder word

Inflasie op medikasie hoër as verbruikersprysinflasie

04 January 2017 | Ekonomie
Die prysstygings op medisyne word in Suid-Afrka deur die staat beheer en die departement van gesondheid in die land het aangekondig die prys waarteen medisyne deur farmaseutiese maatskappye aan apteke verkoop word (die enkeluitgangs­prys), mag vanjaar met 7,5% verhoog word.

Dit sal vir die derde jaar agtereenvolgens 'n styging van bo 7% wees, wat bo verbruikersprysinflasie is.

Medisynevervaardigers het die verhoging verwelkom.

Stavros Nicolaou, 'n senior bestuurslid van Aspen verantwoordelik vir handelstrategieë, sê nie net die omvang van die verhoging nie, maar die tydsberekening word verwelkom. Dit is vroeg vergeleke met vorige jare se aankondigings.

Nicolaou meen die prysverhoging vir 2017 is billik vir vervaardigers, mediese skemas en verbruikers.

Meer as 90% van medisyne se inhoud is ingevoer en die wisselkoers het 'n groot impak op vervaardigers se koste.

Die formule wat gebruik word om die stygings te bereken, neem die wisselkoers in ag en op grond daarvan moes die verhoging nader aan 10% gewees het, volgens hom.

Hy meen die buitengewone tweede verhoging van 2,9% wat vervaardigers verlede jaar gekry het, help.

Begin verlede jaar, nadat die rand skerp verswak het, is 'n verhoging van 4,8% aangekondig. Die tweede verhoging is later ná konsultasie met die farmaseutiese bedryf gegee, maar dit het eers in November in werking getree.

Verbruikersprysinflasie van die vorige jaar dra 'n gewig van 70% in die formule en die wisselkoers 30%.

Die rand het in 2015 met meer as 30% teenoor die dollar verswak, maar het in 2016 met 11% versterk.

Die gemiddelde verbruikersprysinflasie was verlede jaar bo 6%.

Nicolaou sê dit werk in praktyk so dat 'n vervaardiger of invoerder eers aansoek moet doen vir die prysverhoging op sy spesifieke produkte en dit goedgekeur moet word deur die departement. Die prysverhoging tree eers in werking sodra dit in 'n nasionale medisyne­prysregister aangekondig word.

Verlede jaar het die 4,8%-styging 'n onderverhaling vir die grootste deel van die jaar tot gevolg gehad.

As die prysverhoging laat in die jaar aangekondig word, begin vervaardigers teen 'n verlies die produkte verkoop of hulle breek net gelyk.

Hy sê dit kan daartoe lei dat die verskaffing van ­

die produkte gestaak word.

- Netwerk24

Soortgelyk

 

Endjala se jammer nie goed genoeg – Geingob

22 ure gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het die goewerneur van die Omusatistreek, mnr. Erginus Endjala, opdrag gegee om “ondubbelsinnig en onvoorwaardelik” verskoning te vra vir die stamgerigte uitlatings...

Nuwe regulasies vir myn van sand, gruis

1 dag gelede | Plaaslik

Die Windhoekse munisipaliteit het tydens hul jongste stadsraadsvergadering hul nuwe beleid oor die myn van sand en gruis binne die uitgebreide grense van die hoofstad...

Namibië nié middelpunt vir mensehandel

1 dag gelede | Howe

Verskeie inisiatiewe wat fokus op mensehandel en vir die volgende drie jaar sal duur, is huidig in Namibië onderweg. Volgens die adjunk eerste minister van...

Vier sterf in grubotsing met vragmotor

1 dag gelede | Ongelukke

Vier persone is Vrydag omstreeks 01:00 in 'n kop-teen-kopbotsing 60 kilometer buitekant Otjiwarongo op die Otavi-pad dood. 'n Sedanvoertuig met vier insittendes het teen 'n...

Vang vis vir 'net' N$50

1 dag gelede | Omgewing

Estelle de BruynGoeie nuus vir hengelaars wat net af en toe die lyne gaan natmaak, is dat hulle nie 'n maandpermit van N$1 500 hoef...

Spoed op Westelike verbypad gebriek

1 dag gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Motoriste wat van die Westelike verbypad in Windhoek gebruik maak, se maksimum spoed sal van Dinsdag 1 Augustus af 80 km/h wees....

Wiel van geregtigheid draai stadig vir Teko-trio

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw Regter Christie Liebenberg, die nuutaangestelde regter in die verhoor van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, het gister verhoordatums...

Weer, Vrydag 28 Julie 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig in die noorde met miskolle in die...

Swartbooi bedank uit Swapo

1 dag gelede | Politiek

Catherine SasmanDie uitgeskopte Swapo-parlementslid, mnr. Bernadus Swartbooi, het op ‘n amper triomfantelike manier sy uittrede uit die regerende party aangekondig, maar het bespiegelinge dat hy...