Medisinale plante oorsee bemark

Sonder chemikalieë verbou

24 January 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Op die rand van die Kalahari-woestyn word medisinale plante geoes en na die buiteland uitgevoer.

Die oes van Hoodia gordonii en ­Sceletium tortuosum op die plaas ­Vredelus in die Hardapstreek het begin as 'n ekstra inkomste en 'n uitkoms uit die droogte en is vandag 'n volwaardige besigheid wat selfs oorsee bemark word.

Sceletium tortuosum is vir honderde jare deur die San as onder meer 'n ontspanningsmiddel gebruik en staan in die volksmond ook as “Kanna”, “Canna” en “Kougoed” bekend.

Volgens me. Susanne Hoff, wat vir die bemarking van die ­medisinale produkte verantwoordelik is, het haar vriendin, me. Molly Kaderi, die plantasies op die plaas in die ­Kalahari as ekstra inkomste begin.

Die plante word sonder die gebruik van enige chemikalieë, kunsmis en insekdoders in hul natuurlike omgewing verbou.

Vredelus is 'n ten volle gesertifiseerde uitvoerder van die Konvensie vir Internasionale Handel in ­Beskermde Spesies van Wilde Fauna en Flora (Cites), en is ook by die ­Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie (FDA) geregistreer.

Volgens Hoff is die oes van die plant “baie eenvoudig”.

“Die plant word aan die einde van die jaar uit die grond gehaal, gesteriliseer, gedroog en dan opgekap,” verduidelik sy.

Die “rou” materiaal word na internasionale kliënte versend wat van tabak tot tee hieruit vervaardig.

Die res word tot 'n poeier gemaal wat aan internasionale kliënte verkoop word of in kapsules gevul word.

Die produkte is in Windhoek, Otjiwarongo en ook op Gobabis beskikbaar.

Volgens Hoff word soveel moontlik vroue op die plantasie gebruik.

“Dit is meestal vroue in die gebied wat nie 'n kans het om werk te kry nie. Ons plantasie is dus 'n welkome geleentheid vir dié vroue om hul eie geld te verdien.”

Hoff sê vroue is ook “meer betroubaar” wanneer dit onder meer by die gereelde natlei van die plante kom. Die vroue wat hier werk, is meestal afkomstig uit die omliggende gebied en is meestal Namasprekend.

“Dit was die San wat sceletium in die ou dae gebruik het. In die gedeelte van die Kalahari waar ons dit plant, is daar egter weinig San-mense.”



SAN-MENSE

Hoff verduidelik die plant het sy ontstaan in die Karoo in Suid-­Afrika met die San wat die eerste gebruikers hiervan was.

“Ons bestuur 'n kommersiële plantasie en in die gebied waar ons is, groei sceletium nie wild nie.

Sy het eers op die ouderdom van 51 by dié tipe besigheid betrokke geraak, vertel Hoff.

“Ek het eers net 'n vriendin met die bemarking van haar medisinale plante gehelp. Dit het my egter geweldig gefassineer dat Namibië so 'n diversiteit van plante het wat verskillende kwale kan genees,” sê sy.

“Ek is mal oor die feit dat daar so baie middels vir allerhande kwale is wat met genesing kan help sonder aaklige newe-effekte.

“Dié bedryf kan so kragtig vir die ­Namibiese ekonomie wees soos diamante of toerisme. Waar jy weens min reën nie beeste kan aanhou nie, kan jy medisinale plante aanplant omdat die Kalahari 'n reuse-akwifer het en die water in oorvloed van die oppervlak af gepomp kan word.”

Volgens Hoff is dit 'n jammerte dat die regering nog nie die poten­siaal van medisinale plante raak­gesien het nie.

“Ondersteuning is uiters beperk en wissel van struikelblokke met betrekking tot uitvoer tot min of geen begrip vir wat en hoekom ons dit doen nie.”

Volgens haar beplan hulle om die medisinale plante ook in ­kosmetiese produkte te gebruik.

• Sceletium tortuosum – die gebruik hiervan dateer so ver terug as 1662. Dit is deur die San gepluk, begrawe om te gis en dan gedroog.

Die gedroogte produk is geëet, as snuif gebruik of selfs gerook, soms ook as valuta gebruik of as 'n tee gedrink.

• Hoodia gordonii, ook bekend as “Boesman se hoed”, het volgens ­volksgeneeskunde terapeutiese eien­skappe.

Die spesie het internasionaal bekend geraak nadat 'n bemarkingsveldtog beweer het dit is 'n aptyt-onderdrukker en help met gewigsverlies.

Onder die San staan dit bekend as “//hoba” en die Afrikaanse naam “ghaap” word gebruik om na al die Hoodia-­spesies te verwys.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

16 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

16 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

17 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...