Mediese studente in Zambië gestrand
Verskeie Namibiese beursstudente wat medies in Zambië studeer, beweer hulle moet reeds vir meer as 60 dae sonder enige finansiële steun of heenkome oorleef.
Jana-Mari Smith – “Ons is hier gestrand sonder enige geld, want die regering het nog nie ons toelae vir April, Mei en Junie betaal nie,” het een van die studente gesê. Hy het verkies om anoniem te bly uit vrees vir vergelding van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste.
Teen Maandag dié week het hy gesê die meerderheid van die studente, behalwe die vyf wat verlede week hul toelae ontvang het, bly sonder geld of antwoorde.
Hy sê baie van hulle voel afgesonder en verraai deur die ministerie.
“Dié behandeling grens aan onmenslikheid. Baie van hierdie studente het nie toegang tot ander fondse nie. Die Covid-19-situasie in Zambië is besig om handuit te ruk, wat beteken baie van ons het nie geld om terug te keer huis toe of self kos in groot maat te koop nie. Ons weet nie meer wat om te doen nie.”
Die student sê volgens hul beursooreenkoms met die ministerie moet studente drie maande se toelae op 'n keer ontvang. In Februarie, die laaste keer wat hulle toelae ontvang het, is hulle egter net vir Februarie en Maart betaal.
“Ons het vir twee maande nie geld gehad nie, aangesien dít byna vier maande gelede was.”
Die studente is dit eens dat die geldbekommernisse te midde van die Covid-19-krisis net hul penarie vererger.
“Hulle het ons in die middel van die pandemie hier gelos sonder enige moontlikheid of voorsiening om terug huis toe te keer.”
Ongeveer 70 beursstudente van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste studeer by die Cavendish-universiteit en Lusaka Apex-universiteit.
Hulle beweer die vertraging om die toelae te betaal is niks nuuts nie.
“Dit is 'n probleem vandat ons begin studeer het. Ons sit vir maande aaneen sonder geld of kos.”
Volgens die studente is 'n elektroniese betalingstelsel opgestel om as oplossing vir die konstante vertragings te dien, maar dit het “blykbaar net dinge vererger. Hoekom word dit nie reggemaak nie?”
Hulle sê die gebrek aan finansiële hulp benadeel hulle studie- en werksvermoë.
“Ons is hier om te studeer. Nie om honger te ly en te sukkel met geld nie. Ons het reeds die ministerie om hulp gevra, maar hulle hou aan om valse inligting te versprei of ignoreer ons bloot,” het hy beweer.
Die gesondheidsministerie het teen Maandag nog nie gereageer op vrae wat verlede week aan hulle gestuur is nie.
Ná deurlopende pogings om antwoorde by die ministerie te kry, begin die gemoedere hoog loop.
“Dit is belaglik. Ons moet in Zambië bly want hulle hou aan belowe hulle gaan ons toelae betaal, maar dit gebeur nie. Ons het nie geld nie en geen manier om onsself te beskerm of by die huis te kom nie. Dit voel of die mense wat gesê het hulle sal na ons omsien, ons net so gelos het.” Die studente het verwys na 'n soortgelyke situasie, wat verlede week by die plaaslike media aangemeld is, van 75 Namibiese mediese studente in Rusland wat sonder fondse gestrand is.
Die ministerie het in daardie stadium gesê hulle is bewus van die situasie en tegniese probleme sal opgeklaar word om toegang tot die fondse te verseker.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie