Mediese fondse niu00e9 ondernemings
Mediese fondse niu00e9 ondernemings

Mediese fondse nié ondernemings

Mediese fondse kan voortgaan om maatstaftariewe vir die verskaffing van mediese dienste te gebruik.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Mediese fondse is nie ondernemings binne die betekenis van die wet vir mediese fondse nie, en die Kompetisie-kommissie het geen jurisdiksie oor die fondse nie.
Die hooggeregshof in Windhoek het Woensdag ten gunste van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) en nege mediese fondse se appèlaansoek beslis om voort te gaan om maatstaftariewe te gebruik.
Dié uitspraak volg op 'n appèl teen 'n hoërhofuitspraak wat bepaal het mediese fondse is nie ingesluit in die definisie van 'n onderneming waaroor die kommissie jurisdiksie het nie.
Die mediese fondse Namibia Medical Care (NMC), Namibia Health Plan (NHP), Renaissance Health, Bankmed, Namdeb, Napotel, Nammed sowel as die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) se mediese fonds het hulle tot die hoërhof gewend vir 'n bevel wat verklaar dat hulle nié ondernemings is soos wat in die wet bedoel word nie en dat die Kompetisie-kommissie gevolglik geen jurisdiksie oor hulle het nie.
Die kommissie het ná 'n ondersoek vir Namaf en die fondse ingelig hul optrede in die vasstelling van pryse vir mediese dienste deur die daarstelling van maatstaftariewe kom neer op 'n oortreding van artikel 23 van die wet wat met praktyke verband hou wat direk of indirek aankoop- of vasgestelde pryse bepaal.
Namaf en die fondse het in hul aansoek egter betoog hulle is nié ondernemings soos bepaal in die wet nie, omdat hulle nie 'n besigheid vir wins of beloning bedryf soos wat die wet sê nie. Ook word hulle deur die wet vir mediese fondse daarvan weerhou om winste aan lede van die fondse of enigiemand anders te versprei. Nog 'n verweer was dat die daarstelling van maatstaftariewe ontwerp is om 'n nie-kommersiële sosioëkonomiese doelwit te bereik.
Maatstaftariewe word voorts deur die wet goedgekeur en is daarom uitgesluit van die jurisdiksie van die kommissie.
Die kommissie het op sy beurt dié aansprake betwis en die aansoek teengestaan. Die hoërhof het elk van die bogenoemde argumente verwerp en die aansoek verwerp.
'fondse moet lede beskerm'
Dit het voorts bevind die fondse val binne die definisie van 'n onderneming in die wet en het verwys na die definisie van 'n mediese fonds in die wet wat bepaal 'n fonds is 'n “besigheid”. Ook word 'n fonds vir “wins” of “beloning” bedryf, selfs as die winste nie versprei word nie.
Die hoërhof het ook bevind die gebruik van 'n maatstaftarief is nie uitgesluit by die werksaamhede van die wet nie.
Op appèl het die hooggeregshof bevind dat, hoewel fondse besighede in die vorm van ondernemings is en statutêr die bevel gee om gesonde sakebeginsels in hul werksaamhede toe te pas, dit ten doel het om hul lede se belange te beskerm deur die solvensie van fondse te verseker.
“Om 'n 'besigheid' te wees, het nie beteken dat 'n fonds se ekonomiese bedrywighede markverwant is vir die doel om 'n wins te maak nie,” lui die hofuitspraak.
Die wet verhinder ook fondse om 'n surplus te versprei en beskou dit as niewinsgewende entiteite.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%