Mediese fondse: Almal moet dieselfde betaal
Mediese fondse: Almal moet dieselfde betaal

Mediese fondse: Almal moet dieselfde betaal

Individuele lede se bydraes is gewoonlik hoër as dié wat as ‘n groep aangesluit het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Mediese fondse se afslag op premies van lede, die laai van premies en die onderskeiding in premies ten opsigte van individue, lede van ’n groep en ook verskillende grootte groepe is “onregverdig en ongewens”.

Die Namibiese regulerende owerheid vir finansiële instellings (Namfisa) het ’n deklarasie in dié verband verlede maand in die Staatskoerant gepubliseer.

Die deklarasie sal oor ’n tydperk van drie jaar ten opsigte van huidige praktyke infaseer word. Dit beteken die toekenning van afslag en verskillende premies vir individuele lede, groepslede en verskillende grootte groepe moet teen 31 Desember 2023 gestaak word.

Teen 1 Januarie 2021 moet die laai van premies van bogenoemde groep en die bepaling van ’n individu se bydrae gebaseer op die ouderdom van die oudste begunstigde iets van die verlede wees. Die bepaling van enige ander vorm van ’n premiekoers wat uiteindelik tot direkte of indirekte afslag lei, moet teen 31 Desember 2023 iets van die verlede wees.

Volgens Namfisa word mediese fondse bedryf op die beginsel van gedeelde risiko en kruissubsidie. Dit beteken die gesondheidsrisiko van al die lede in die fonds, hetsy jonk en oud, siek en gesond, moet in gelyke maat oorweeg word.

Mediese fondse het verskeie strukture vir bydraes en wat insluit bydraes vir individuele lede asook die vir lede wat deel van werknemersgroepe vorm.

Hiermee saam voldoen sekere werknemersgroepe aan spesifieke vereistes en betaal verskillende fooie.

Individuele lede se bydraes is volgens Namfisa gewoonlik hoër as dié wat as ’n groep aangesluit het.

Mediese fondse kon vroeër aan lede ’n afslag op hul bydraes bied, maar slegs aan dié wat ’n geskiedenis van lae en/of aanvaarbare eise het.

As ’n toegewing om eise op ’n ooreengestemde vlak te hou, kon lede laer premies betaal vir dieselfde voordele in vergelyking met die oorspronklike prys van die voordele-opsie.

“As sulks is die huidige praktyk deur mediese fondse om verskillende bydraes onder deelnemende werknemersgroepe te vra gelykstaande aan afslagpryse vir bydraes,” sê Namfisa.

Die afslag is ook ’n poging om die lidmaatskap van groepe te kry en te behou, tot groot nadeel van lede wat nie deel van ’n groep is nie.

Die owerheid sê dit het groot ongelykhede geskep in die bydraes van lede wat dieselfde risikoprofiel en geskiedenis van eise het, deurdat ’n individu ’n laer premie betaal bloot omdat hulle deel van ’n groep (werkgewer) is.

Namfisa sê die afslag wat deur die onderskeie fondse gegee word, word deur al die ander lede gefinansier wat nie ’n afslag op hul bydraes betaal nie.

Dit beteken die bydraes van individuele lede en alle ander groepe wat nie ’n afslag kry nie, sluit ’n winsprys in wat gebruik word om vir die afslag te betaal wat aan sekere groepe gegee word.

Volgens Namfisa word die afslag op ’n “onregverdige en onbillike” manier toegeken omdat dit nie toegeken word om die verantwoordelike indien van eise te bevorder nie, maar slegs gebied word aan lede wat deel van ’n sekere groep vorm.

Mediese fondse moet nou ’n bepaling doen van al sy huidige lede en die nominale kwantum wat elkeen vir ’n spesifieke voordele-opsie moet betaal, ongeag of die lid ’n individu of groeplid is.

Fondse moet ook die totale aantal eise beraam en die waarskynlike koste van die mediese behandeling. Deur die beramings in berekening te bring, probeer die fonds volgens Namfisa verseker dat lede se premies voldoende is om die voordele soos gespesifiseer te dek.

Dit sal gevolglik tot stygings vir sommige lede lei met geen verandering in hul fooie nie, of fondse kan besluit om premies dieselfde te hou en voordele te verminder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!