Mediese afval 'n gesondheidsbom
Die vereiste roetine-onderhoud en herstel van verbrandingsoonde by staatshospitale word nie gedoen nie.
Henriette Lamprecht - Verskeie staatshospitale en –klinieke in die land pas nie die voorgeskrewe regulasies toe vir die bestuur van mediese afval wat ’n gesondheidsrisiko inhou nie.
Dié wanbestuur sluit van ’n gebrek aan beskermende klere en voorgeskrewe immuniserings vir Hepatitis B tot die oorlaai van verbrandingsoonde in.
Dié inligting is in ’n prestasie-oudit vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se bestuur van mediese afval vervat. Dit dek die tydperk van 2012 tot 2015.
Die ministerie het die nasionale Afvalbestuurbeleid (NWMP) van 2011, die Voorkoming en Beheer van Infeksie (IPCG) van 2010 en die Geïntegreerde Gesondheidsorg Afvalbestuurplan (IHCWMP) van 2010 aanvaar om mediese afval te bestuur wat ’n gesondheidsrisiko inhou (HCRW).
Volgens die verslag word daar egter by geen van die gesondheidsgeriewe wat betrek word, aan die regulasies in bogenoemde dokumente voldoen nie.
Dit sê voorts mediese afval word nie by versamelpunte afgesonder nie. Die sakke word uit sale en ondersoekkamers verwyder en na aangewese stoorkamers gebring. Dit word egter weekliks verwyder in stede van binne twee dae by geriewe wat nie ’n verbrandingsoond het nie of waar dit stukkend is, omdat aangewese voertuie wat alleenlik mediese afval vervoer, nie beskikbaar is nie. Gevolglik word die groei van bakterieë en reuke nie beperk nie.
Die sakke word nie op aparte en geskikte trollies verwyder nie, terwyl stoorplekke ook nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie.
Die vereiste roetine-onderhoud en herstel van verbrandingsoonde deur die ministerie van werke en vervoer word nie gedoen nie, grootliks weens ’n gebrek aan vaardighede en kennis om dié take uit te voer. Die ministerie gebruik tans die dienste van ’n private kontrakteur, die enigste diensverskaffer in die land wat verbrandingsoonde onderhou en herstel.
Die verslag sê mediese afval is by die Oshakati Intermediêre Hospitaal en die Opuwo-distrikshospitaal by die munisipale stortingsterrein en ’n ter plaatse bergingsput verbrand. Oorblyfsels uit verbrandingsoonde is in vlak putte of op die oppervlak by die munisipale stortingsterrein of by die betrokke hospitaal gestort, met skerp voorwerpe en flessies wat nie heeltemal vernietig is nie.
Geen inligtingstelsels vir afval (WIS) is geïmplementeer nie, en geen beskikbare databasis bestaan daarvoor nie.
Verbrandingsoonde word deur operateurs oorlaai wat nie by die voorgeskrewe beladingsregulasies hou nie. Die operateurs se verweer is dat die riglyne “tydrowend” is.
Hoewel die Virale Hepatitis B-entstof by al dié instellings beskikbaar was vir die immunisering van alle gesondheidswerkers en hanteerders van afval, het nie almal wat blootgestel word die voorgeskrewe dosisse voltooi nie. Behoorlike rekord van die immuniserings is nie gehou nie.
Die operateurs van verbrandingsoonde en hanteerders van mediese afval het ook nie die minimumstandaard van die vereiste beskermende kleredrag ontvang nie.
Komitees vir infeksiebeheer is in die minderheid, en geen voorsiening word gemaak vir poste vir verpleegsters verantwoordelik vir infeksiebeheer en opleiding nie.
Twee nuwe verwerkingsgeriewe vir mediese afval word tans vir Windhoek se munisipaliteit in die hoofstad se noordelike nywerheidsgebied teen ’n beraamde koste van N$50 miljoen opgerig. Buiten Windhoek sal dit ook dorpe soos Gobabis, Okahandja en Rehoboth bedien.
Die nuwe verbrandingsoond maak van verbranding teen hoë temperature gebruik wat die volledige vernietiging van dodelike patogene verseker.
Tans produseer Namibië ’n beraamde 1 950 ton mediese afval per jaar, hoewel dit danksy die afwesigheid van onlangse navorsing egter veel meer kan wees.
Mediese afval sluit biologiese produkte soos bloed of menslike weefsel in wat uit teaters, lykshuise, laboratoriums of enige mediese geriewe verwyder is. Dit sluit ook beddegoed, verbande, spuitnaalde en ander materiaal in wat in die behandeling van pasiënte gebruik word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie