Mediavryheid: Geingob su00ea Nam kan wu00eareld se nr. 1 word
Mediavryheid: Geingob su00ea Nam kan wu00eareld se nr. 1 word

Mediavryheid: Geingob sê Nam kan wêreld se nr. 1 word

Die Redakteursforum van Namibië het by die plaaslike viering van Wêreldpersvryheiddag verskeie veranderinge aan die etiese kode vir die Namibiese media aangekondig en spesiale erkenning aan 'n Afrika-kollega en die media- ombudsman verleen.
Dani Booysen
Namibië moet volgens dr. Hage Geingob nie net tevrede wees met die beste posisie in Afrika op Reporters without Borders se ranglys vir mediavryheid nie, maar moet strewe om die heel beste van alle lande in hierdie indeks te vaar.

“So lank as wat ek die mandaat het om hierdie groot land te regeer, is mediavryheid gewaarborg,” het die staatshoof gesê.

Geingob se persoonlike teenwoordigheid tydens die geleentheid is vanuit alle oorde as geskiedkundig en spesiaal bestempel.

Unesco se tema vir vanjaar se herdenking is “Critical Minds for Critical Times”, met die fokus op die media se rol om vreedsame, regverdige en inklusiewe gemeenskappe te help skep. Die hele land benodig volgens Geingob kritieke denke om vooruit te gaan.

Die media se belangrike taak in die Namibiese Huis is volgens die staatshoof om nuwe idees by die vensters in te laat en ook oor gebeure buitekant die huis te rapporteer en dit te interpreteer.

Die media is volgens Geingob deel van talle strukture vir goeie bestuur. Die media moet daarom verkose leiers verantwoordelik hou dat hulle hul beloftes en pligte nakom.

Tog moet die media om vertroue te verseker volgens die president ook self verantwoordelik en deursigtig wees. “Die media moet nie skoothonde of aanvalshonde wees nie, maar waghonde,” het Geingob aangevoer.

Weens die misbruik van nuwe tegnologie is betroubare joernalistiek volgens die staatshoof vandag belangriker as ooit in die wêreld se geskiedenis.

Indien die media soms voel dat hulle gedreig word, moet hulle volgens Geingob besef dit gaan alles oor die belang van joernalistiek met 'n gewete.

“Geniet julle vryheid, maar moet dit nie misbruik sodat dit weggeneem word nie,” het Geingob gesê. “Dit is in julle hande.”

Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het tydens die geleentheid verskeie wysigings aan die prosesse van selfregulering en die Etiese en Gedragskode vir Namibiese Media aangekondig.



media-ombudsman

Die publiek sal voortaan onder meer 30 dae hê om 'n klagte by die media-ombudsman in te dien eerder as net 14. Kinderregte word baie meer uitvoerig hanteer, asook aanlynmediakwessies en hoe media kommentaar deur die publiek op webwerwe en sosiale mediaplatforms moet bestuur.

Windhoek Deklarasie-­toekennings is aan Bheki Makhubu, redakteur van die tydskrif The Nation in Swaziland, en mnr. Clement Daniels, die media-­ombudsman, oorhandig.

Makhubu is in 2014 in hegtenis geneem toe hy die regbank in sy land uitgedaag het. Volgens hom kan hy kwalik 'n ontmoeting met die staatshoof in sy land voorstel, soos wat gister in Namibië gebeur het.

Geingob het later komies opgemerk dat hy in 'n moeilike posisie geplaas is omdat hy gisteraand vir Koning Mswati in die land moes ontvang. Gwen Lister van die Namibia Media Trust het opgemerk dat dit dalk die ideale geleentheid vir Geingob is om iets oor mediavryheid in die koning se oor te fluister.

Hou die koerant dop vir bykomende berigte oor die vieringe.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!