Mediavakbond ontvang opleiding

‘Moeilike werksomstandighede vir joernaliste’

02 December 2021 | Arbeid
Augetto Graig

Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam met die Namibiese Media Professionele vakbond (Nampu) in Windhoek oor strategiese vakbondontwikkeling aangebied.

Die geleentheid is deel van die IFJ se vakbond tot vakbond-projek. Nampu is vanjaar deur die IFJ as lid erken en is een van sy nuutste lede.

Thomasi dring aan die reg tot vrye assosiasie en die reg om te beplan en gesamentlik te onderhandel, is ’n fundamentele mensereg, wat gewaarborg is deur die internasionale arbeidsorganisasie (ILO) konvensies 87 en 98, en is ook deur Namibië onderteken en bekragtig.

“Ons joernaliste moet besef ons behoort ook aan die werkende klas en dus het ons die reg om ’n vakbond te vorm of om by die vakbond van ons keuse aan te sluit. Enige werkgewer wat enige joernalis sy of haar reg ontken om by ’n vakbond van hul keuse aan te sluit, het die reg van vrye assosiasie geskend, en moet in die hof uitgedaag word. Ons sal nie onderhandel vir die regte wat ons reeds het nie,” het hy gesê.

Die direkteur van die Namibië Media Trust (NMT), me. Zoe Titus, sê vakbonde vir joernaliste in Afrika ervaar uitdagende tye, met lidmaatskap wat afneem en het gevolglik minder onderhandelingsmag.

“Sekere mediawerkgewers het ingewikkelde taktieke aangeneem, soos onder meer om direkte kontrakstelsels vir werknemers in te stel, die klassifikasie van joernaliste as noodsaaklike werknemers, die gebruik van individuele betaalooreenkomste, en intimidasie van joernaliste wat hulle by vakbondaktiwiteite betrek. Die taktiek sluit ook die afdanking en teistering van vakbondleierskap en organiseerders in, met ’n reeks gesofistikeerde menslike hulpbronbestuurstegnieke om die begeerte te onderdruk om by ’n vakbond aan te sluit,” sê sy.

Mnr. Mahongora Kavihuha, die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) se sekretaris-generaal, het lede van die jong vakbond gewaarsku oor die moeilike omstandighede waarin vakbonde in Namibië moet werk, en dit kan vir die media nog moeiliker wees.

“Die media in Afrika word deur twee magte teëgestaan; werkgewers en die regering. Geld en mag,” voeg hy by.

Volgens die arbeidskenner mnr. Herbert Jauch verskil die mediabedryf van ander loopbane, en dit mag wees hoekom dit so lank geneem het om ’n mediavakbond in Namibië te vestig.

Nampu is verlede jaar gestig, maar is nog steeds nie amptelik deur die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping geregistreer nie.

Jauch moedig die jong vakbond aan om verteenwoordiging in werksplekke te vestig, om plaaslike ondersteuning aan werknemers te bied.

“Joernaliste is oorwerk en word by amper elke media-instansie te min betaal,” sê hy.

Thomasi het verwys na die invloed wat sterk vakbonde soos in Australië in die mediabedryf het, waar onderhandelinge met die regering en groot sosialemediareuse soos Google, ’n nuwe ooreenkoms oor die verdeling van winste vanjaar bereik is.

Titus het egter gesê Australië se mylpaal sluit egter nie kleiner media-instansies as begunstigdes in nie.

Nampu se sekretaris-generaal, mnr. Sakeua Iikela, sê die vakbond wil die regte en welsyn van alle mediawerker in Namibië beskerm. Alle mediawerkers en veral jong joernaliste is welkom, sê hy, insluitend vryskutjoernaliste en verwante werknemers.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

1 uur gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...

Huidige Covid-19-regulasies bly in plek

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê die huidige Covid-19-regulasies wat die afgelope maand in plek was, geld steeds tot 15 Februarie. Dit is die volgende: 'n maksimum...

Byna 20 000 nuwe gevalle die afgelope maand

2 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 19 846 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope maand in die land aangeteken. Hiervan was...

Inentingskoers bly laag

2 ure gelede | Gesondheid

President Hage Geingob sê huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word, duur voort. Volgens die staatshoof het Zambezi die laagste koers en wel 6%, terwyl...

‘Reëngolwe wink’

12 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Baie swaar reën, met etlike reëngolwe wat in die tweede helfte van vandeesweek en tot volgende week uitgebreid na Namibië op pad...

Lisensie of nie, staatsvoertuie ry

12 ure gelede | Polisie

Adam Hartman op Swakopmund – Verkeersbeamptes in alle streke voer steeds ’n vroeër opdrag vanuit hul hoogste gesag uit om nie verkeerskaartjies aan regeringsvoertuie met...

FNB deel van geding om Fishrot-geld

12 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – First National Bank Namibia het bykomende dokumente by die hoërhof in Windhoek ingedien en hom daardeur by die grootste korrupsiesaak in die...

Weer vir 13 Januarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

Lande omseil Interpol as Namibië uitlewerings soek

12 ure gelede | Polisie

Kenya Kambowe op Rundu – Terwyl die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie (Interpol) as behulpsaam beskou, vertel ’n plaaslike polisieondersoekbeampte ’n...