Mediaman aangeval
Mediaman aangeval

Mediaman aangeval

Polisie se optrede ‘teleurstellend’
Francoise Steynberg
Augetto Graig

’n Voormalige joernalis van Republikein en tans skakelbeampte van die Ohlthaver & List-groep, Francios Olivier, is verlede Vrydag in Otjomuise deur twee mans met klippe bestook en aangerand.
Die voorval het om 19:15 naby die Otjomuise-brandweerstasie plaas­gevind toe Olivier ’n vriend in die omgewing van Vaalhoek wou aflaai.
“Ek het ’n kortpad na Vaalhoek gevat en dit is ’n baie stil, donker gebied. Ek het ’n verkeerde pad gevat en toe ek probeer omdraai, het die eerste klip my motor se passasiersvenster links getref,” vertel Olivier.
Uit paniek het Olivier die motor laat vrek en toe hy dit weer probeer aan­skakel, is die venster aan die bestuurderskant deur ’n klip getref.
“’n Man het my hand met die sleutel gegryp en met sy ander hand ’n mes teen my nek gehou. Hy het gedreig dat hy my keel gaan afsny as ek nie die sleutel vir hom gee nie. Die volgende oomblik het ’n ander man aan die linkerkant van my motor my met ’n klip teen die kop gegooi en die bloed het uit my kop gestroom. Intussen is my vriend uit die motor gesleep en al sy klere uitgetrek.”
Die man het Olivier uit sy motor getrek en Olivier sê hy was duiselig.
“Die man het my gedwing om kaal uit te trek en my beursie met N$250 kontant, selfoon, horlosie en baadjie gevat. Ek het gesmeek vir ons klere en hulle het dit in ons gesigte teruggegooi.”
Drie van Olivier se motorvensters is stukkend gegooi en sy motor is binne en buite vol bloedvlekke.
Hy is egter teleurgesteld oor die reaksie van die polisie wat hulle teë­gekom het toe hulle van die toneel af weggery het: “Terwyl ek bebloed daar gestaan het, was die polisiebeampte se eerste vraag ‘wat doen julle hier?’ Hy het my laat skuldig voel omdat ek aangeval is.”
Volgens Olivier het die polisie gevra in watter rigting die aanvallers gehardloop het en hulle probeer volg.
“Ek het aangeneem die polisie sou terugkom en ’n verklaring neem, maar niks. Ons het vir twee ure gewag. Ek het ’n saak by die polisiekantoor aanhangig gemaak, maar ek wag steeds vir hulle.”
’n Been is bo Olivier se linkeroog gebreek en hy is tans onder mediese observasie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!