Medevlieu00ebnier byna by venster uitgesuig
Medevlieu00ebnier byna by venster uitgesuig

Medevlieënier byna by venster uitgesuig

Die medevlieënier van 'n vliegtuig van die Sichuan Airlines in China wat Maandag 'n nood­landing moes doen, is halfpad uit die vliegtuig “gesuig” nadat 'n kajuitvenster uitgewaai het, lui mediaberigte wat die kaptein aanhaal.

Liu Chuanjian, wat op sosiale media as 'n held bestempel word nadat hy met die Airbus A319 sonder instrumente moes land, het aan Chengdu Economic Daily gesê die vliegtuig het 'n hoogte van 32 000 vt (10 666 m) bereik toe 'n oorverdowende geluid deur die kajuit geskeur het.

Die lugdruk en die temperatuur in die kajuit het skielik gedaal en toe sien hy die kajuit se regtervenster is weg.

“Die venster het net ewe skielik gekraak en 'n harde geluid gemaak. Die volgende wat ek weet, was dat my medevlieënier halfpad by die venster uitgesuig is.”

“Alles in die kajuit het in die lug gehang. Die meeste van die instrumente het nie gewerk nie . . . en ek kon nie die radio hoor nie. Die vliegtuig het so hard geskud dat ek nie die meters kon lees nie,” sê hy.

Die medevlieënier, wat 'n veiligheidsgordel aangehad het, is na binne getrek. Hy het skrape en 'n verstuite gewrig opgedoen, sê China se burgerlugvaartadministrasie (CAAC). Nog 'n kajuitpersoneellid is ten tyde van die landing beseer. Nie een van die 119 passasiers is beseer nie.

Die CAAC sê Frankryk se ondersoekagentskap vir lugvaartongelukke en Airbus sal kundiges na China stuur om ondersoek in te stel.

Sichuan Airlines se vlug 3U8633 het Chongqing Maandag op pad na Lhasa, Tibet se hoofstad, verlaat. Dit het in Chengdu, in die suidweste van die land, 'n noodlanding gedoen. Die venster het sowat 'n halfuur ná opstyging gebars, berig Chengdu Economic Daily.

Die CAAC sê voorvalle waar ruite kraak, gebeur gereeld weens voëls wat daarin vasvlieg of weerlig wat dit tref, maar gevalle waar die hele ruit uitkom, is skaars.

In 1990 is 'n vlieënier van 'n BAC-111-straler van Brit­ish Airways se vlug 5390 deels by die kajuit se venster uitgesuig nadat dit op 23 000 vt (7 666 m) uitgeblaas is.

Hy het die voorval oorleef. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!