Meatco tref voorsorg vir Brexit
Meatco en die Britse hoë kommissaris vergader vandag oor die uitvoerplanne ná Brexit.
Ronelle Rademeyer - Meatco het voorsorg getref om sy kliënte in die Britse mark ná 29 Maart te bedien, sou Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (Brexit) wel sonder ’n onttrekkingsooreenkoms voortgaan.
Die Britse parlement het Donderdagaand met 412 stemme teenoor 202 gestem dat eerste minister Theresa May die Europese Unie (EU) om ’n uitstel van drie maande moet vra.
Dit volg nadat parlementslede May se uittreeplan vir ’n tweede keer uitgestem het.
Mnr. Jannie Breytenbach, waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, sê genoeg Namibiese beesvleis is daarheen uitgevoer om bestaande kliënte vir sowat ses weke van voorraad te voorsien indien Brexit wel volgende Vrydag plaasvind.
Dit is as voorsorgmaatreël gedoen ingeval die handelsooreenkoms wat die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en Mosambiek tans in die plek van die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met Brittanje onderhandel, nie betyds onderteken is nie.
Die nuwe ooreenkoms is belangrik om handelsontwrigting tussen uitvoerlande en Brittanje te verseker.
Die handel in goedere en dienste tussen Namibië en Brittanje beloop jaarliks sowat £70 miljoen (N$1,4 miljard), en beesvleis en tafeldruiwe is die vernaamste uitvoerprodukte.
“Die nuwe ooreenkoms is 98% klaar onderhandel. Ons vergader Maandag (vandag) met die Britse hoë kommissaris (me. Kate Airey) oor die vordering daarmee,” sê Breytenbach.
Altesaam 19% (sowat 8 000 ton) van Meatco se Europese beesvleisuitvoere is verlede jaar na die Britse mark, met 21% wat na Noorweë en 60% wat na ander lande uitgevoer is.
Die uitvervoerscenario’s ná Brexit sal afhang of dit met of sonder ‘n ooreenkoms geskied het. Breytenbach het vroeër verduidelik as Brittanje mét ’n ooreenkoms uittree, sal sy Suider-Afrikaanse handelsvennote voortgaan om onder die EPA na Britse markte uit te voer.
Dit sal voortduur totdat die onderhandelinge vir ’n nuwe Sacu-Mosambiek-ooreenkoms met Brittanje voltooi is.
“As Brexit sonder ’n uittree-ooreenkoms plaasvind en ons nuwe handelsooreenkoms is nog nie onderteken nie, sal Namibië eers onder die Mees Bevoordeelde Nasie (MFN)-handelsmeganisme van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) sy uitvoere moet voortsit. Dit is nie tariefvry soos die EPA nie en Namibië sal ’n ad valorem-heffing van 12,8% saam met ’n heffing van N$47 531 per ton op sy uitvoere na Brittanje moet betaal,” het Breytenbach verduidelik.
Hy sê dit is om hierdie reuseheffings vry te spring dat groot voorrade beesvleis as voorsorgmaatreël uitgevoer is.
“Ons het baie geld bestee om die Britse mark te ontwikkel. Ons wil nie graag ons markaandeel verloor nie,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie