Meatco su00e1l weer BTW betaal
Meatco su00e1l weer BTW betaal

Meatco sál weer BTW betaal

Positiewe nuus vir produsente
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Meatco se amptelike aankondiging dat dit weer 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan produsente sal betaal wat beeste by abattoirs lewer, is Vrydag positief deur die industrie ontvang.

Dit volg ná twee maande van onderhandelinge in die industrie tussen onder andere die kommissaris van binnelandse inkomste, Meatco se direksie en bestuur, die Vleisraad van Namibië, die Namibië Landbou-unie (NLU) asook die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO).

Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU se uitvoerende hoof, mnr. Roelie Venter, as “baie positiewe nuus” beskryf.

“Die NLU dank Meatco vir die bereidwilligheid om na produsente se standpunt te luister en is oortuig hierdie aksie sal op lang termyn vertroue in Meatco verbeter,” het die unie Vrydag in sy nuusbrief geskryf.

Meatco het Vrydag in ‘n persverklaring gesê die besluit om vanaf 15 April ‘n BTW-koers van nul persent te betaal op vee wat aan abattoirs gelewer word, word tydelik omgekeer omdat dit verwarring skep en ruimte laat vir verskeie interpretasies.

Volgens die verklaring het Meatco die aanvanklike besluit oor 0% BTW geneem, nadat ‘n opdrag van die kommissaris van binnelandse inkomste se kantoor ontvang is.

Meatco se bestuur het toe met die kommissaris, mnr. Justus Mwafongwe, vergader “om meer lig te werp op die interpretasie van die wet en die opdrag wat gegee is”, het Meatco gesê.

“Meatco het besluit om die BTW-betaling weer in te stel totdat die proses afgehandel is waarin die industrie oor die saak beraadslag.

“Alle beeste wat sedert 15 April aan die abattoir gelewer is, se fakture sal oorbereken word en binne ‘n maand aan produsente uitgestuur word. Alle gelde verskuldig sal teen die einde van Junie 2018 uitbetaal wees. Daar sal weer 15% BTW betaal word op alle beeste wat vanaf 10 Junie aan die abattoir gelewer word,” lui die persverklaring.

Die NLU sê hulle het reeds op 14 Junie kennis ontvang dat Meatco die besluit op 0% BTW omkeer. Hulle het reeds in April met die kommissaris van binnelandse inkomste begin onderhandel, waarna ‘n industrie-vergadering gereël is om konsensus te probeer vind.

Daarna is nog ‘n vergadering met die kommissaris onder voorsitterskap van die Vleisraad gereël. Die saak is weer tydens ‘n onlangse LPO-vergadering met Meatco se direksie en senior bestuur opgeneem, waartydens die direksie onderneem het om die saak te heroorweeg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!