Meatco-raad niu00e9 genomineer
Meatco-raad niu00e9 genomineer

Meatco-raad nié genomineer

Woedende produsente het gister gesê hul reg om kandidate te nomineer is van hulle ontneem omdat ’n nuwe vergadering nie belê is nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Geeneen van die lede op die nuutverkose Meatco-raad is deur die maatskappy se lede genomineer nie.

Nominasies in ’n vergadering in Augustus verlede jaar, word as ongeldig beskou.

“Die wet straf nou lede wat voortgegaan het met die vergadering van 12 Augustus nadat dit uitgestel is,” het die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, gister tydens die bekendstelling van die nuwe raad gesê.

“As hulle verstandig was, sou hulle nie met emosie gereageer het en op ’n uitdagende wyse met die vergadering voortgegaan het nie. Die vergadering was nie wettig sonder die teenwoordigheid van ’n voorsitter nie, dus kon ek nie hul nominasies vir die raad aanvaar nie.”

Mutorwa sê nadat hy teen 4 Januarie vanjaar nie geldige nominasies van lede ontvang het vir die aanstelling van die nuwe raad nie en die termyn van die voormalige raad verstrek het, het hy ingevolge artikel 5 (4) van die Meatco-wet self die nuwe lede aangestel.

Die nuwe lede is dr. Martha Namundjebo-Tilahunna, mnr. Ronald Kubas, mnr. Ismael Ngangane, me. Sophia Kasheeta, mnr. Fanie Oosthuizen en mnr. Mushokobanji Mwilima. Die nuwe voorsitter en ondervoorsitter sal Maandag verkies word.

Die aanstellings volg op regsadvies wat vroeër vandeesmaand aan die ministerie gegee is, dat indien daar geen raad en voorsitter is nie en nominasies nie ontvang is nie, kan die minister raadslede aanstel.

“Ek het volle vertroue in dié advies,” het hy gesê.

Hy het verwys na ’n spesiale ledevergadering van verlede jaar wat uitgestel is nadat ’n regsmening oor die prosedures van 12 Augustus onsekerheid gesaai het.

Dit is ’n dag op kort kennisgewing gekanselleer en geen datum vir ’n nuwe vergadering is geskeduleer om Meatco-lede ’n tweede geleentheid te gee om geskikte kandidate vir die raad te nomineer nie.

Die ministerie moet ’n datum vir so ’n vergadering vasstel.

’N REG ONTNEEM

Produsente was gister woedend en het gesê hul reg om kandidate te nomineer is van hulle ontneem omdat daar nie ’n nuwe vergadering belê is nie.

“Ons enigste afleiding is dat die reg doelbewus van ons ontneem is,” het ’n ontstelde produsent gesê. “Ons het ’n driekwartuur voor die vergadering gehoor dit is gekanselleernadat ons van oral oor die land Windhoek toe gery het daarvoor.

“Ons het nooit die rede gehoor oor hoekom dit gekanselleer is nie. As die minister en voorsitter meen dit was onwettig gewees, hoekom dan nie ’n datum vir ’n nuwe vergadering vasstel nie?”

Mutorwa het aanvanklik die raad se termyn vanaf Oktober met drie maande verleng en in Januarie ses tydelike Meatco-raadslede aangestel.

Hy sê die grondwetlikheid van dié laaste aanstelling is met reg uitgedaag en in Februarie het hy regsadvies ontvang om eerder ’n permanente raad, in ooreenstemming met die Meatco-wet, aan te stel.

GEEN KOMMENTAAR

Op ’n vraag aan Mutorwa oor hoekom niemand van Meatco se uitvoerende bestuur gister tydens die aankondiging van die raad teenwoordig was nie, het hy gesê hy is nie verplig om hulle te nooi nie, maar dat dit nie nodig was om enige iets daarin te lees nie.

Die uitvoerende hoof van Meatco, adv. Vekuii Rukoro, wou gister geen kommentaar lewer of hulle glo die regte prosedures is met die aanstelling van die raad gevolg en het gesê die minister is waarskynlik reg deur te sê dat 12 Augustus se vergadering onwettig was.

Hy wou ook nie sê of Meatco se uitvoerende bestuur wel die raad sal erken nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A