'Meatco hou by wenplan'

Bedryf sê skuif kom in kritieke tyd

14 October 2019 | Landbou
Elvira Hattingh - Meatco sal nié van sy omkeerstrategie of vyfjaarplan afwyk nie, sê mnr. Angus Claassen, Meatco se nuutaangestelde waarnemende uitvoerende hoof.

Hy het onlangs tydens 'n video-onderhoud aan Republikein gesê die landboubedryf het dit dalk negatief ervaar toe Meatco as deel van sy rotasie sy vorige waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Jannie Breytenbach, vervang het.

Claassen beklee dié pos sedert die begin van Oktober.

“Daar sal wel voortgegaan word met die omkeerstrategie, want dit is op belangrike pilare gebou - soos om produsente te kry om hul bees aan ons te lewer, die markte wat ons wil betree, asook bedryfsdoeltreffendheid,” het Claassen gesê.

“Die bedryf moet besef mnr. Breytenbach is steeds deel van Meatco se bestuurspan. Ons bestuurslede werk nog altyd baie goed saam en Breytenbach self is steeds positief oor die toekoms,” het hy gesê.

Claassen sê Meatco hoop om voor die einde van die huidige boekjaar, wat in Januarie eindig, 'n permanente uitvoerende hoof aan te stel.

“Dit is groot skoene om vol te staan, want mnr. Breytenbach het uitstekende werk oor die ­afgelope jaar en 'n half gedoen. Hy het Meatco op die herstelpad geplaas en die nuwe vyfjaarplan begin,” het Claassen gesê.

Hy sê dit was 'n goeie jaar waarin almal hul staal moes wys, en hulle beoog om volgende jaar 100 000 bees te slag.

“Sommige mense voel dit is nie moontlik nie, maar ek dink dit is, solank ons produsente die regte prys betaal en gehalte­produkte aan markte lewer.”

“Die bestuur, insluitende Breytenbach, sit daagliks saam om planne vir volgende jaar te maak.”

Dit volg nadat landbouers onlangs teleurstelling ­uitgespreek het oor Meatco se skuif.

“Die LPO het met skok en teleurstelling kennis geneem van die rotasie van die uitvoerende bestuurder. Dit was 'n onverwagse skuif in 'n kritieke tyd vir landbou, veral terwyl die vorige uitvoerende hoof hom uitstekend van sy taak gekwyt het.

“Verdere gesprekke sal van die LPO se kant af met Meatco se bestuur en direksie opgeneem word.

“Dit is egter die verantwoordelikheid van Meatco-produsente om tydens die jaarvergadering hul saak verder te dryf,” het die LPO se uittredende voorsitter, mnr. Piet Gouws, gesê.

Beesprodusente het ook tot 23 Oktober tyd om mense te nomineer wat hulle op Meatco se direkteursraad moet verteenwoordig, waarna die ledevergadering op 1 November by die Wanderers-klub in Windhoek sal plaasvind.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

28th of May 09:20 | Energie

Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.So sê mnr....

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...