Meatco het beesgetalle nodig
Meatco het beesgetalle nodig

Meatco het beesgetalle nodig

Die vleisverwerker het 'n goeie deurset van slagbeeste nodig om te kan oorleef en is bekommerd oor hoe ander bedrywe sy markaandeel en die plaaslike beesbedryf kan raak.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Hoewel dit lyk of Meatco se omkeer­strategie die vleisverwerker op die herstelpad geplaas het, is die maatskappy bekommerd oor hul kwynende mark­aandeel en die aantal slagbeeste wat plaaslik gelewer word.

Tydens Meatco se afgelope jaarvergadering is aangedui die plaaslike vleisreus het die ­afgelope boekjaar sowat 20 000 minder beeste as in sy vorige boekjaar geslag.

Tog kon hy verliese terselfdertyd met N$33 mil­joen sny, wat as 'n “noemens­waardige verbetering van Meatco se ­finansiële situasie” beskou word.

Die omkeerstrategie het Meatco klaarblyklik van 'n veel erger situasie gered, want volgens vooruitskat­tings kon 'n verlies van N$185 miljoen die maat­skappy in die gesig gestaar het, sou die neiging voortduur waarin Meatco voortdurend al minder beeste vir verslagting van produsente ontvang.

Dit was noodsaaklik dat Meatco 'n manier vind om die verwagte lewering van 55 000 slagbeeste met minstens 10 000 koppe te verhoog, sê die vleisverwerker in sy jaarverslag.

Meatco kon deur sy omkeerstrategie daarin slaag om in die 2018-'19-boekjaar 62 086 beeste te slag – wat 7 390 méér is as wat verwag is.

“Hierdie was dus 'n groot omkeerpunt vir Meatco as 'n finansieel volhoubare besigheid,” lui die verslag.



Só IS DEURSET ­VERHOOG

Dié sukses kom nadat die vleisreus doelbewus probeer het om sy deurset te verhoog deur onder meer produsentepryse met gemiddeld 9,88% te verhoog.

Dit kom nadat Meatco tydens die 2017-'18-boekjaar minder as sy Suid-Afrikaanse eweknieë betaal het. Meatco het sy prys toe aangepas tot hy van die hoogste pryse betaal het (gemiddeld N$44,56/kg vir A2- en AB2-grade), as dit byvoor­beeld met pryse in ­Brasilië en Uruguay vergelyk word.

Meatco het ook begin om beeste van alle ­ouderdomme in te neem, 'n eenvoudiger bemarkingstelsel in te stel en om produsentevertroue te probeer herstel.

Die ­omkeerstrategie het ook behels dat bespaar moes word en daar is aan die salarisrekening en op ander onkostes gesny, terwyl die ­Noorweegse kwota verhoog is en Meat­­co se netto-­inkomste met N$15 miljoen verhoog is.

Die maatskappy is ook meer doeltreffend ge­maak, meer beeste is noord van die veterinêre kordonheining geslag en daar is aan verbeterde vertroue onder rolspelers gewerk.



GETALLE 'n ­LEWENSAAR

Meatco sê egter die volhoubare verskaffing van genoeg beeste aan die vleisverwerker is een van die noodsaaklikste aandrywers vir waarde en sal nog vir 'n lang tyd so bly.

Meatco sê ook die 2017-'18-boekjaar was die eerste keer dat sy mark­aandeel kleiner as dié van ander plaaslike abattoirs geraak het.

Meatco sê vir baie jare het Namibië jaarliks sowat 150 000 beeste plaaslik geslag, maar dat hierdie getal jaarliks afgeneem het en die aantal bees wat lewendig uitgevoer word, sedert 2015 skielik begin toeneem het.

“Dit was 'n kommerwekkende situasie wat ingryping in die vorm van 'n omkeerstrategie benodig het,” lui die verslag.

“Mededinging van Suid-Afrikaanse voerkrale het eksponensieel ­toegeneem en dit mag voorkom of daar 'n doelbewuste strate­gie was om die produksiestelsel in Namibië van 'n slagos- na 'n speenkalfproduksiestelsel te verander.

“Hierdie sal ernstige nagevolge vir Namibië se produksiestelsel hê, soos tydens die afgelope jaar toe Suid-Afrikaanse owerhede grense gesluit het weens die uitbreking van bek-en-klouseer in die buurland.

“Hul voerkrale het opge­hou om speenkalwers uit Namibië aan te koop, wat 'n groot uitwerking op plaaslike veilingpryse gehad het,” lui hul jaarverslag.

Volgens Meatco verkies produsente ook om hul beeste aan plaaslike abattoirs te lewer omdat dit laer standaarde handhaaf en geen beperkings het nie, anders as Meatco se uitvoer-abattoir.

Meatco sê hierdie ­neig­ing ontneem hulle van 'n deurset in hul fabriek en dat plaaslike slagplase se kapasiteit tans vinnig groei.

“Solank plaaslike slag­syfers onder 120 000 beeste per jaar is, sal Meatco net een slagplaas vir verslagting gebruik.”



SANDKORREL IN ­WOESTYN

Die totale landboubedryf in Namibië se waarde is in 2017 op N$7,5 miljard beraam, terwyl die lewende­hawesektor se waarde N$3,4 miljard is. Meatco maak sowat 50% hiervan uit.

Sowat 70% van Namibië se bevolking is afhanklik van beesboerdery vir hul lewensbestaan.

Tog is Namibië se rooivleisbedryf in die wêreldkonteks “'n sandkorrel in die woestyn”, sê Meatco in sy jaarverslag.

Vir elke bees in Namibië is daar 422 in ander lande en vir elke ton vleis wat ons lewer, word sowat 1,7 miljoen in ander lande gelewer.

Die sowat 2,7 miljoen beeste in Namibië ver­teenwoordig minder as 'n half persent van die wêreld se beeskudde, wat in 2018 na raming sowat meer as 'n miljard beeste sterk was.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065