Meatco gaan dalk oor naweke ook slag
Die dringende bemarking van vee is 'n prioriteit vir boere.
Ronelle Rademeyer
Die kritieke situasie op plase en die vinnig verswakkende kondisie van beeste bring mee dat Meatco van hierdie maand af sy maksimum slagkapasiteit benut.
Dié abattoir is tans vol bespreek en daar is 'n waglys van produsente wat hul beeste daar wil laat slag.
Die bestuur van hierdie uitvoerabattoir ondersoek die moontlikheid om die volgende drie maande op Saterdae en Sondae ook te slag ten einde vir al die diere voorsiening te maak.
Dié inligting is bespreek toe die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se bestuur verlede week vergader het.
'n Afvaardiging van Meatco het dié vergadering bygewoon.
Mnr. Piet Gouws, voorsitter van die LPO, sê daar is 'n paniek aan die oplaai onder produsente. “Ek weet nie wanneer hierdie paniek gaan omsit in 'n histerie nie. Die situasie is uiters kritiek.”
Volgens hom is die LPO-vergadering oorheers deur die kritieke toestand waarin baie lewendehaweprodusente hulle weens die voortslepende droogte bevind.
Volgens die terugvoer deur streeksverteenwoordigers is daar min dele in die land wat goeie reën ontvang het en waar weidingstoestande voldoende is om vee deur die winter te dra.
“In alle streke is die meeste van die produsente nou met noodbemarking besig. Veilings is onder druk en voerkrale en slagbeurte is vol bespreek.”
Om hierdie rede het Meatco voorsiening gemaak om vanaf Maart op volle kapasiteit te slag en dink daaraan om selfs op Saterdae en Sondae te slag, sê Gouws.
“Ons is dankbaar vir die wyse waarop Meatco ons tegemoet kom. Ons het hulle vir 'n plan gevra om die bemarkingsnood te verlig.”
'n Groot bekommernis is dat die kwaliteit van die diere nou vinnig verswak.
Meatco het intussen 'n beroep op produsente gedoen om seker te maak dat al die dokumentasie wat vereis word, gereed is sodat hulle diere sonder vertragings geslag kan word.
Dié uitvoerabattoir het hom ook daartoe verbind om die produsenteprys sover as moontlik stabiel te hou, sê Gouws.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie